THE STUDENT PRINCE - 1977

Die rolverdeling van die hoofkarakters was soos volg:
Gé Korsten - Prince Karl Franz
Barbara Veenemans - Kathie
Eugenie Chopin-Couzyn - Princess Margaret
Dawie Couzyn - Dr Engel
Maureen Tyson - Gretchen
en Michael Findlay
Die Produksie is in Oktober en November in die Nico Malan-operahuis aangebied. Die regie is deur Angelo Gobbato behartig, en die stel is deur Anthony Farmer ontwerp. Die dirigent was David Tidboald. Die kostuums is deur Vaček Matoušek ontwerp.
In Rapport se Tydskrif skryf Jozua van der Lught op 6 November 1977 met die opskrif GÉ LAAT KRUIK BANK TOE WALS-WALS:
"... Daar was baie bates in Alt Nico - Barbara Veenemans is een daarvan. Ek het mos al toeka gesê hier is 'n gesig vir 'n volk om lief te kry … "
Barbara Veenemans en Ge Korsten in The Student Prince vir Kruik, 1977.
Eugenie Chopin-Couzyn, Ge Korsten en Barbara Veenemans in reklame vir The Student Prince, vir Kruik 1977.