The Veenemans Sopranos

 Bennie Veenemans
Suid-Afrikaanse Seunsopraan
Sanglegende
"Die Klein Seun met die groot Stem"

 

1944 - 2010

 

 Bennie se loopbaan, 'n oorsig
 
 
Bennie Veenemans kan beskou word as een van die beste seun-soprane wat Suid-Afrika nog opgelewer het. Hy het 'n ongelooflike stemomvang gehad met 'n sterk selfversekerde persoonlikheid. Ja, Bennie het 'n 'groot stem' gehad wat deur 'n stadsaal en oor 'n simfonie-orkes geprojekteer kon word. Hy het met soveel musikaliteit gesing en met 'n natuurlike ongeforseerde sangtegniek.
 
Bennie se repertoire was heel omvattend. Hy was veral 'n eksponent van die Engelse en Afrikaanse Kunslied, maar kon hom perfek aanpas in ander genres soos Operette [luister maar na sy opgeneemde weergawe van die Vilja-Lied!]. En natuurlik as seunsopraan was Bennie gesog as oratoria-sanger. Hy was nie net die seun met die groot stem nie, maar ook die seun met die engel-stem!
 
Kinderjare
 
BERNARD HENDRIK VEENEMANS is op 9 November 1944 in Witbank gebore as die jongste en enigste seun van drie kinders. Albei sy susters, Leonore Veenemans en Barbara Veenemans het 'n beduidende bydrae gelewer tot die Suid-Afrikaanse opera, operette en musiekblyspele. Sy oudste suster Leonore Veenemans was vir 17 jaar een van Suid-Afrika se bekendste opera, operette en ligte musiek soprane. Sy ouer suster Barbara, was vir 45 jaar een van Suid-Afrika se bekendste opera, operette en musiekblyspel soprane. Bennie het skool gegaan by Laerskool Northmead en het gematrikuleer aan die Hoërskool Brandwag in Benoni.
 
Hy het ook soos sy susters sang geneem by die Walliese sopraan Gwladys Jones Webber. In daardie beginjare vorm Gwladys Webber Bennie se stem. Bennie het een van die ongelooflikste seun-sopraanstemme gehad wat Suid-Afrika nog opgelewer het en is deur resente met die beste seunsoprane van sy tyd in die wêreld vergelyk.
 
Michelle Veenemans vertel:
 
"As ek so na Oom Ben se opnames luister dan hoor ek nogal baie van myself in sy stem. As mense my vra soos wie ek die meeste sing, dan kan ek nie help om te sê ek sing soos my oom nie! Oom Ben het eerder die vokale aanslag van 'n operasopraan gehad as dié van 'n seunsopraan. Hy het beslis nie soos die tipiese seunsopraan gesing nie."
 
In 1950 maak hy op sesjarige ouderdom sy sangdebuut in die Pot of Gold Talent Competition wat gereël is deur die OK Bazaars in Johannesburg. Toe die seremoniemeester van die kompetisie vir Bennie vra wat hy gaan sing antwoord hy ewe danig: 'Ek gaan die lied Because sing net soos Mario Lanza!' Bennie het so goed gesing dat hy 'n spesiale prys ontvang het omdat hy te jonk was om aan die kompetisie deel te neem.
 
Daarna het Bennie in verskeie eisteddfods en sangkompetisies gesing en menige pryse, sertifikate en bekers gewen. Tydens die Springs Music Festival op negejarige ouderdom skryf een van die beoordelaars: It seems you have been performing for 21 years! Hy het op die verhoog gestap, sy sokkies opgetrek sy posisie ingeneem met sy tipiese 'tenoor houding' en weggeval.
 
Maar toe gebeur die onvoorstelbare! Op tienjarige ouderdom het Bennie polio in die keel gekry en moes vir twee maande in die hospitaal deurbring. Sy keel was verlam en hy het gesukkel om te eet. Hy moes voeding deur die neus ontvang. Bennie se ma Olga het die hele tyd daar by hom in die hospitaal gebly en gehelp om hom te versorg. Daar was gevrees dat Bennie nooit weer sou sing nie. Maar hy het wonderbaarlik herstel en kon na vier maande se rehabilitasie en harde oefening weer sing.
 
Barbara Veenemans vertel:
 
"Ek en Leonore wat daardie jaar in matriek was, moes vir drie weke in kwarantyn geplaas word. Die dokter het vir ons elkeen 'n inspuiting in die bobeen gegee; dit was so seer dat ons omtrent vir 5 dae nie kon loop nie! Die telefoon het onophoudelik gelui van mense wat wou hoor hoe dit met hom gaan. Ons het maar ons sit naby die telefoon gekry, want ons bene was te seer om op en af te hardloop na die foon."
 

Bennie se Optredes 


ELIJAH - 1958
 
 
'n Hoogtepunt in Bennie se sangloopbaan was toe hy gevra is om die jeugrol van die seun in Felix Mendelssohn se oratoria Elijah vir die Johannesburg Philharmonic Society te sing. Op 20 Mei 1958 tree hy op saam met Emerentia Scheepers [Emma Renzi], Webster Booth, Sarie Lamprecht, en Graham Burns. Hulle is begelei deur die SAUK Simfonie Orkes gedirigeer deur Anton Hartman. Bennie was oorweldigend deur die media geloof vir sy musikale vertolking. 
In die Rand Daily Mail in Mei 1958 [skrywer onbekend] word die volgende advertensie vir die oratoria gedoen met die opskrif SHOW WORLD:
 
"Bennie Veenemans, 13-year-old Benoni boy will be the treble soloist in Mendelssohn's oratorio on 20 May in the Johannesburg City Hall … 'Elijah' will be presented by the Johannesburg Philharmonic Society in collaboration with the SABC Choirmaster Howard Bryant. The conductor will be Anton Hartman. Adult singers will be Emerentia Scheepers, Webster Booth, Sarie Lamprecht and Graham Burns."
 
Hierdie koerantresensie oor die Elijah-opvoering is op 21 Mei 1958 gepubliseer. Die koerant is onbekend en die skrywer D.L.S skryf die volgende onder die opskrif, A BOY SOPRANO SET THEM TALKING:
 
"A bare-kneed, long little boy, Bennie Veenemans, sang of the little cloud in Mendelssohn's "Elijah" at the Johannesburg City Hall last night. His few bars of song had people talking during interval. Not since the Vienna Boys' Choir was here has anything like his sure treble been heard here. It was a pity he hadn't more to do. There were, however, other good things in this fairly well-attended performance by the Philharmonic Society in collaboration with the SABC.
 
Some of the choruses showed tonal gradations long unheard in Johannesburg choral work. "Yet Doth the Lord See It Not" and "The Fire Descends from Heaven" were a particular credit to choirmaster Howard Bryant. And though there were some muddied moments, and the call to Baal cried out for more men's voices, the finale was given ample volume by the more that 80 choristers.
 
The soloists were well-assorted. Webster Booth had consistently good style if not voice - all the qualities of a "safe" tenor. Emerentia Scheepers used her soprano best in recitative. She did not avoid sharpness in "Hear Ye, Israel" (why can't a boy sing it?) but nevertheless made it appealing. Sarie Lamprecht's was a bright alto in "Elijah Get Thee Hence", but dull in "O Rest in the Lord". Graham Burns, as Elijah, sang well but let some of his arias get hymn like. The trio "Lift Thine Eyes" should try to do better next time. Anton Hartman conducted the SABC Concert Orchestra, with Harry Stanton at the organ."


 JEUGKONSERT - 1959


Op 2 Junie 19 59 sing Bennie saam met die dirigent Edgar Cree in 'n Jeugkonsert in die Stadsaal van Johannesburg saam met die SAUK Konsert Orkes wat ook lewendig oor die radio uitgesaai was.
 
In hierdie koerantartikel [koerant, skrywer en datum onbekend] word die volgende advertensie vir Bennie se deelname aan die Jeugkonsert gedoen:
 
"Bennie Veenemans, is die seunsopraan wat Dinsdag 2 Junie in die Jeugkonsert saam met die SAUK-orkes onder leiding van Edgar Cree optree."
 
In nog 'n koerant-advertensie [koerant, skrywer en datum onbekend] word daar geskryf onder die opskrif, BENNIE IS THE SOLOIST:
 
"Bennie Veenemans, the 14-year-old Benoni boy soprano, will be the soloist tomorrow at the Free Youth Concert in the Johannesburg City Hall. The SABC Concert Orchestra will be conducted by Edgar Cree."
 
In 'n koerant-resensie oor die Jeugkonsert, skryf Dora Sowden van die Rand Daily Mail op 3 Junie 1959, die volgende onder die opskrif, THE FEELING IN BENNIE'S VOICE:
 
"No one of the visiting Vienna boys had a sweeter soprano than did Benoni boy soprano, 14-year-old Bennie Veenemans, singing with the SABC Orchestra at the youth Concert in the Johannesburg City Hall yesterday afternoon …
What is even more noteworthy, the young singer showed such considerable feeling and musicianship, as made the performance attractive …"
 
Barbara vertel:
 
"Nadat Bennie gesing het, het die mense aangehou met applouseer, en soos Bennie nou maar is, loop hy van die verhoog af en verdwyn skoonveld op soek na sy ouers wat in die gehoor sit. Edgar Cree hardloop agter hom aan om hom terug te bring vir nog 'n buiging maar daar was geen teken van Bennie nie. Edgar Cree kom toe terug op die verhoog en sê aan die gehoor, 'Nou ja, dis wat ek beskeidenheid noem'."
 
Die Vaderland [skrywer onbekend] berig op 3 Junie 1959 met die opskrif SEUNSOPRAAN PRESTEER:
 
"In gister se Jeugkonsert het die bekende seunsopraan Bennie Veenemans, as solis opgetree saam met die Konsertorkes van die SAUK met Edgar Cree as dirigent. Bennie is 'n baie gewilde sanger en hy het al 'n hele aantal pryse gewen op kunswedstryde in Johannesburg en Springs. Hy is in 1944 op Witbank gebore en toe hy drie jaar oud was het sy familie na Benoni toe getrek, hy is tans 'n leerling in standerd sewe op Brandwag Hoërskool. Toe hy sewe jaar oud was het hy begin sing, maar toe hy tien jaar oud geword het, het hy polio in sy keel gekry. Gelukkig het hy heeltemal herstel sodat hy 'n jaar later weer kon sing."


 PLATE OPNAMES
 
 
 
 
Op dertienjarige ouderdom neem Bennie twee kortspelers op. Een in Afrikaans en een in Engels vir die Welkom-etiket. Dit was 'n geluk dat sy stem op band vasgelê is, want net daarna het Bennie se stem begin verander.
 
Die kortspeler in Afrikaans se titel is: Bennie Veenemans Seunsoprano
 
Die snitte:

1. Onse Vader
2. Die Paadjie na Bethlehem
3. Die Heilige Stad (Jerusalem)
 
Die kortspeler in Engels se titel is: Bennie Veenemans Boy Soprano
 
Die snitte:

1. Beautiful Isle of Somewhere
2. Sylvia
3. For the Wings of a Dove
4. Vilja
 
Bennie se opname van Onse Vader verskyn op die CD-versameling Afrikaanse Goue Jare Volume 1 wat deur Teal Records uitgegee is. Die opname van Paadjie na Bethlehem sowel as sy Onse Vader verskyn intussen ook op die CD-versameling Kerfeesgroete - 'n versameling van populêre Kersfees Liedere deur Suid-Afrikaanse sangers.

 

 Bennie se ouers Olga Bezuidenhout Veenemans en Bernard Veenemans

 

Bennie en sy twee beroemde susters, Leonore en Barbara

RESENSIES
 
 
Edwin du Toit skryf in die Rooi Rose van Maart 1959 die volgende artikel oor Bennie se eerste Afrikaanse kortspeler:
 
"Af en toe - so een keer elke skrikkeljaar - word daar 'n Suid-Afrikaanse musiekvonds gemaak. Gewoonlik geskied dit op 'n heel onopsigtelike manier en word daar maar geringe ophef van gemaak. Dit is die rede waarom min mense nog van Bennie Veenemans gehoor het: as hy in Amerika ontdek sou gewees het, sou hy seker al bestempel gewees het as 'n tweede Bobby Breen en sou hy heel waarskynlik al in 'n rolprent of oor die beeldradio deelgeneem het.
 
Maar al wat ons van Bennie Veenemans weet is dat hy 'n enkele 45 opm-plaatjie gemaak het waarop hy met 'n verrassende helder en suiwer seun-sopraanstem drie nommers sing: 'Onse Vader', 'Die Paadjie na Bethlehem' en 'Die Heilige Stad'. Ondanks 'n ietwat gebrekkige begeleiding en 'n effens sibilante uitspraak, sing hierdie seun pragtig. Sommer uit die staanspoor moet sy ouers en sy sangonderwyser aangemoedig word om hom nog meer opnames te laat maak, daar hy reeds veertien jaar oud is en sy stem een van die dae sal breek. Lesers hoef maar net na sy vertolking van eersgenoemde nommer te luister om saam te stem dat hierdie stem werklik van uitsonderlike gehalte is.
 
Bennie is nou in standerd 7 aan die Hoërskool Brandwag in Benoni. Hoewel die plaatjie onder bespreking sy eerste is, het hy reeds aansienlike prestasies op kunswedstryde behaal. In verlede jaar se Nasionale Eisteddfod het hy drie bekers verower en vroeër het hy ook op die kunswedstryde van Springs gepresteer. Verlede jaar het hierdie kuiltjiewangseun ook die jeugrolletjie in die SAUK-orkes se uitvoering van Elijah gesing. Sy twee ouer susters is ook sangeresse en hoewel hy nie voltydse sanglesse neem nie, neem hy klavierlesse. Maak seker om hierdie seun te hoor sing; u sal meer van hom wil hoor. (Welkom-plaat nr 1)."
 
Die volgende artikel is deur Ross Bresler geskryf en gepubliseer in Die Jongspan van 9 Maart 1959 onder die opskrif DIE KLEIN SEUN MET DIE GROOT STEM:
 
"Die naam van 'n 13-jarige Afrikanerseun van Benoni is reeds ver buite sy geboortestad bekend. En binnekort gaan hy oorsee gehoor word: 'n plate opname van sy stem sal in Londen, Parys en New York te koop wees. Bennie Veenemans het reeds op sewejarige leeftyd sy eerste buiging in die musiekwêreld gemaak toe hy deelgeneem het aan 'n plaaslike sangwedstryd en speel-speel met die eerste prys weggeloop het. Beoordelaars het hom toe gedoop: 'Die klein seun met die groot stem'. Sy ouers het begin besef dat Bennie oor buitengewone talent vir sang en musiek beskik. Waar hy ook aan skoolkonserte deelgeneem het, het hy baie lof en waardering ingeoes. Maar Bennie was bestem vir groter dinge as om plaaslike pryse te verower. Toe hy nege jaar oud was het hy hom laat inskryf vir die Springs Musiek- en Sangwedstryd - en hy het die goue beker losgesing!
 
Almal het nou gepraat van 'die klein seun met die groot stem'. Hier was 'n wonderkind wat veel beloof het. Maar in sy tiende jaar het 'n ramp Benoni se wonderkind getref - hy het polio gekry! Die polio het nie alleen sy liggaam verlam nie, maar ook sy keelspiere aangetas. Na maande van sorgvuldige verpleging het Bennie begin herstel, maar van een ding was die dokters seker - nooit weer sou 'die klein seun met die groot stem' kan sing nie!
 
Maar dis net waar hulle misgetas het. Na 'n jaar of twee het 'n wonderwerk gebeur - Bennie het weer sy stem gevind. Die slagoffer van polio in die keel - kon weer sy stem op luisterryke wyse laat hoor. Só pragtig kon hy na sy siekte sing en so volkome herstel dat hy voorverlede jaar die louere weggedra het in die seunsafdeling van die Nasionale Kunswedstryd wat in die Goudstad gehou is. En saam met 'n maat - Colin Webber - het hy eerste gekom in die tweesang vir die onder 16-jariges.
 
Niks kon Bennie nou keer nie. Hy is gekies om op te tree in Mendelssohn se oratoria 'Elijah' wat verlede jaar in Mei in die Stadsaal opgevoer is. As solosanger het hy die soveelste keer die kroon op sy werk gekry. Maar met al hierdie oorwinnings op sy kerfstok, bly Bennie 'n uiters beskeie en vriendelike seun. Sy hart lê natuurlik in sy sang en musiek, en dis sy ideaal om sy toekoms in die wêreld van die kuns en komposisie te soek. En as hy dit nie kan verwesenlik nie, gaan hy vir dokter studeer.
 
Bennie glo daaraan om sommer baie stokperdjies te beoefen. Van die bou van modelvliegtuie weet hy byna alles wat daar te wete is. Hy hou van leer en studeer en maak baie graag gipsmodelle. Fietsry en krieket speel is ook nog liefhebberye van hierdie kranige seun wat die klavier net so goed kan tokkel as wat hy kan sing.
 
Onlangs is 'n plaat opname van Bennie se stem gemaak. Die plaat - 'Die Onse Vader' - sal plaaslik sowel as oorsee te koop aangebied word en miljoene sal dan met genot kan luister na 'die klein seun met die groot stem'.
 
Maats wat vir Bennie gaan kuier, word op feestelike wyse onthaal. Benewens die koffie en die melktert wat Bennie se gasvrye moeder voorsit, is daar ook 'n hele musiekprogram waarna die maats met genot kan luister. 'n Plaat met Bennie se stem draai. Die radio word aangeskakel om 'n bandopname te speel, en partykeer gaan Bennie self voor die klavier sit. Daarna is dit krieket op die grasperk of stillees met Brak, die keffertjie, in die skaduwee van die ou eikeboom."
 
In Die Transvaler van 14 Februarie 1959 word die volgende berig [opskrif en skrywer onbekend] geskryf:
 
"Suid-Afrika het baie sangers en sangeresse opgelewer waarop ons trots kan wees. Ons het groot soprane opgelewer, groot tenore, basse en ander stemme, maar nog nooit te vore het ons 'n stem gehad soos dié van Bennie Veenemans nie.
 
Bennie is 'n 13-jarige skoolseuntjie uit Benoni wat in 'n stryd met polio uiteindelik die oorhand gekry het. Op kunswedstryde het hy baie erkennings verower. Toe die 'Elia' in Mei 1958 in die Stadsaal van Johannesburg opgevoer is, het Bennie Veenemans die seunsopraan-deel gesing. Landswye erkenning in die Pers was beslis nie oordrewe nie. Bennie het reeds twee klein 45 RPM-plaatjies gemaak waarop hy o.a. Beautiful Isle of Somewhere, Sylvia, Vilja, O for the Wings of a Dove, Heilige Stad en nog ander sing. Ons wens hom graag alle sukses toe en hoop dat ons binnekort nog meer sulke puik opnames van hierdie mooi stemmetjie sal ontvang."


In 1958, in 'n koerantartikel [koerant, skrywer onbekend], vermoedelik 'n plaaslike koerant van Benoni, word die volgende oor Bennie geskryf onder die opskrif BENONI SINGER HAS MADE RECORD OF XMAS MUSIC:
 
"Local record dealers will soon be featuring in their windows a disc with special appeal to Benoni music lovers. It has been made by Bennie Veenemans, a 14-year-old boy soprano from Rynfield. Earlier this year Bennie was chosen as the treble soloist in Mendelssohn's oratorio 'Elijah' which was presented by the Johannesburg Philharmonic Society in the Johannesburg City Hall. There he was 'spotted' by the talent scout of a local record company. He was given a recording test and asked to sing in Afrikaans three religious songs for a 45-rpm record to be entitled 'Christmas Music'. His accompanist was the well-known organist Dean Herrick.
 
THE BIG VOICE: Bennie started his singing 'career' at the age of seven when he won the title 'the little man with the big voice' in a radio talent contest. Two years later he won a cup at the Springs Music Festival. Only a year later it seemed as if Bennie would never sing again. He was struck down with polio and his throat badly affected. Last year, however, he had recovered so well that he came first in the boys' solo section for the under 13s in the National Eisteddfod. He also won the under 16-duet section with his teacher's son, Colin Webber.
 
MOTHER DELIGHTED: 'I was terribly thrilled about Bennie making a record', said his mother. 'His voice is likely to break soon so it will be lovely to have a reminder of his beautiful soprano voice. There's a suggestion that he should also make the same record in English before his voice changes. On the record he sings 'The Lord's Prayer', 'The Holy City', and The Little Road to Bethlehem'.
 
Bennie is not the only musical member of the family. Both his sisters have won many awards for their singing. In the recent National Eisteddfod, Leonie [Leonore] won two cups and a bursary. Her younger sister, Barbara, won the same bursary on a different occasion. It is presented to the most outstanding competitor in the senior section and means its winner has one of the finest voices in the Union."
 
In 'n koerantberig [koerant, skrywer en datum onbekend] word daar vertel van Bennie se nuwe plaat en onder andere het hulle die volgende vraag aan Bennie gevra onder die opskrif BOY WITH A RECORD:
 
"Asked yesterday if he will become a professional singer when he leaves school, he said: 'I'd like to become Prime Minister so that I can ban examinations - I write tomorrow.' "
 
In 'n ander koerantartikel [koerant, datum, skrywer en opskrif onbekend] word Bennie soos volg beskryf:
 
"... Bennie sing al vandat hy sewe jaar oud is en die kritici is van mening dat hy baie goed vergelyk met van die beste seunsoprane oorsee. Hy is tans die enigste seunsopraan in Suid-Afrika en wil nog 'n hele paar opnames maak voordat sy stem breek ..."
 
Die Sunday Tribune se 'Special Correspondent' op 30 November 1959, skryf die volgende onder die opskrif: BENNIE IS A STAR NOW: POLIO OF THE THROAT HASN'T STOPPED HIS SINGING:
 
"Bennie Veenemans is a 13-year-old Benoni schoolboy whose stage and radio career has already earned him a big reputation. He is a young singer who started making himself heard at the age of seven. They called him 'the little man with the big voice' after he came first in a talent contest. Today his singing is a big talking point in musical circles. At nine years of age he won his first cup at the Springs Eisteddfod and at 10 he seemed destined to great things. Then disaster struck. Bennie contracted polio of the throat.
 
He was critically ill and when he improved, the decision - lay and medical - was unanimous: Bennie would never sing again. But that's just what didn't happen. Within a year his voice was back again with all its glory and power. Polio had only delayed, not put and end to his singing career. So well did he recover, that last year he came first in the boys' section for the under-13s in the South African National Eisteddfod and also in the under-16 duet section, with his friend Colin Webber.
 
Then Bennie capped an already remarkable career for one so young by singing treble solo in Mendelssohn's Elijah on May 20 in the Johannesburg City Hall. This performance was broadcasted by the SABC. Bennie is in great demand at school and church concerts but in spite of a crowded programme, he has time for hobbies. These include model aircraft building, reading and sculpturing in plaster casts. The first commercial recording of Bennie's voice singing 'The Lord's Prayer' was recently made. More recordings are planned. Another part-time hobby is piano playing. And if Bennie cannot make a living out of singing, he's going to be a doctor!"
 
Hier volg een van die laaste artikels wat oor Bennie se sang geskryf word, in 'n koerantartikel [koerant, datum en skrywer onbekend] onder die opskrif SWAN SONG OF A BOY SOPRANO:
 
"The lovely soprano voice of Bennie Veenemans, the Benoni boy singer who has been compared to the best in the world, will only be heard in future through the medium of the gramophone. For Bennie's voice has broken. A 15-year-old pupil of the Brandwag High School, Bennie still holds high hopes of developing a tenor voice, which he will be able to train in his spare time that is in-between studying to become a doctor, which is his greatest ambition. Bennie, the only son of Mr and Mrs B Veenemans will not be forgotten as a boy soprano. The two records, which he made …, have been enjoying wide sales not only in this country, but also overseas."
 
Nadat Bennie se stem verander het, het hy besluit om nie verder met sy sangstudies voort te gaan nie. Na skool behaal hy 'n BSC graad aan die Universiteit van Pretoria. Later gaan verwesenlik hy sy droom en gaan studeer medies en kwalifiseer hom as Algemene Praktisyn aan die Universiteit van Pretoria. Hy het later homself in Hazyview gevestig waar hy sy eie praktyk saam met sy seun Bernard bestuur het.
 
 
Na 'n lang siekbed is Dr Ben Veenemans op die ouderdom van 66 jaar in Pretoria oorlede. Die volgende berig het in Die Beeld verskyn op 28 September 2010 deur Thys Odendaal onder die opskrif: Sopraan Bennie Veenemans oorlede


"Bennie Veenemans as jong seun. Hy het met sy sopraanstem indertyd Suid-Afrikaners betower. Dr. Ben Veenemans, wat as die seunsopraan Bennie Veenemans in die 1950’s die land in ekstase gehad het met sy prag-stem, is eergisteraand in Hazyview, Mpumalanga, in die ouderdom van 65 ná ’n lang siekbed oorlede. Veenemans was die jonger broer van die twee opera-soprane Leo­nore en Barbara Veenemans wat insgelyks in hul fleur as operette- en konsertsangers naam gemaak het. Leonore is in 1973 in ’n motorongeluk oorlede. “Hy was vir ons baie spesiaal,” het Michelle Veenemans, ook ’n sopraan en dogter van Barbara, gister gesê. Bennie, wat in 1944 in Witbank gebore is, was ’n besonder begaafde sopraan. Hy was landwyd bekend om sy suiwer weergawes van onder meer die Onse Vader en Die heilige stad (Jerusalem), wat gereeld oor radiosenders gehoor is. Dit was ook snitte op twee vinielplate wat in die 1950’s gemaak is, onder meer saam met ’n verruklike weergawe van die Vilja-lied uit Die lustige witwe van Lehár. In 1958 was hy ook ’n solis in Mendelssohn se oratorium Elijah in die Johannesburgse stadsaal met Anton Hartman voor die SAUK Nasionale Simfonie-orkes en die koor van die Johannesburg Philharmonic Society. Die 14-jarige seunsopraan se mede-soliste was onder andere Emma Renzi, Sarie Lamprecht, Webster Booth en Graham Burns.
 
Dr. Veenemans laat sy vrou, San­dy, agt kinders en 11 kleinkinders agter.  Die begrafnis was op Vrydag om 10:00 vanuit die Shelanti-kapel in Jeanlaan, Centurion".
 
Bron
: http://www.beeld.com/Vermaak/Nuus/Sopraan-Bennie-Veenemans-oorlede-20100928 
 
________________________________________________________________________

 

 
 

 

 

 

 

 

 
Please note that not all newspaper references are complete as information was taken from newspaper cuts from private collections. Photographs were used from private collections . Not all sources of information could be verified.
 
© 2010. Copyrighted. All rights reserved. To make use of any of the contents of this page excluding the video, please contact veenemans@mweb.co.za