The Veenemans Sopranos

 Leonore Veenemans

Suid-Afrikaanse Sanglegende


"Die Laggende Prinses van Sang"

(1935 - 1973) 



Leonore, 'n oorsig


Leonore was een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse en een van ons land se mees opwindendste liriese soprane. Sy was 'n minsame mens, 'n terggees en 'n bron van energie. Leonore was 'n passievolle opera en operette-sangeres en het geleef vir die klassieke kunsvorm waarvoor sy so lief was. Sy was 'n ernstige kunstenaar wat haar lewe aan die kunsmusiek gewy het. 'n Harde werker, gedissiplineerd en passievol.


Leonore word gereken as een van Suid-Afrika se grootste name in die ligte musiek bedryf en het legendariese status bereik met haar vertolking van “Liefste Madelein". So het sy ‘n huishoudelike naam geword en talle ligte musiek plate uitgereik. Maar dit was Leonore se groot wens om onthou te word as opera-sangeres en dit is hier waar sy duidelik haar merk gelaat het as 'n erkende Suid-Afrikaanse opera-kunstenares. Min van haar ligte musiek aanhangers was bewus van die briljante werk wat sy op die opera-verhoog verrig het. Net voor haar dood, is Leonore gevra om die rol van Mimi in La Boheme vir Naruk te sing. Sy het talle hoofrolle met groot sukses verrig en is deur die plaaslike media geloof vir haar talle vertolkings. 
 
Sy was bekend as die "Laggende Prinses van Sang", maar was ook soms bekend as die prinses met die traan in die oog. Sy was 'n fantastiese Butterfly, 'n rol wat haar soos 'n handskoen gepas het. Sy kon haar so emosioneel in haar rolle inleef, dat die trane somtyds oor haar wange gestroom het terwyl sy gesing het.
 
Sy was 'n mens met baie verskillende belangstellings. Sy was 'n kranige kok en ook 'n uitstekende onderwyseres. Geen musikale uitdaging was vir haar te groot nie, en sy kon haar suksesvol ook in die film-bedryf uitleef. Leonore het haar kort lewe voluit gelewe, met 'n onverskrokke dryfkrag en 'n toewyding aan die kuns waarvoor sy so gelewe het.
 
 
Leonore se kinderjare
 
 
LEONORE MONA VEENEMANS is op 16 Februarie 1935 in Witbank gebore as die oudste kind van Olga en Bernard Veenemans. Haar jonger suster Barbara Veenemans was vir 45-jaar een van Suid-Afrika se bekendste soprane. Haar jonger broer Bennie Veenemans, was op sy dag 'n bekende seun-sopraan.
 
In 'n tydskrif publikasie [publikasie, opskrif, skrywer, en datum onbekend] word 'n onderhoud met Leonore en haar Ma Olga gevoer, en hulle vertel die volgende oor haar kinderjare: 


"... 'kleintyd al het hulle konserte gehou en ook die buurt se kinders ingesleep', vertel Mev. Veenemans. 'Ja', vul Leonore aan. 'Onthou Ma nog ons konserte? Ons het kreukelpapier gekoop, ons opgetooi en dan was die voorportaal die verhoog en julle moes alles in die sitkamer aanskou. Ek wou altyd vreeslik graag oor die radio sing. Dan klim ek agter ons groot radio in en sing met yslike armgeswaai en verbeel my ek is 'n wêreldbekende sangeres.' 'Eintlik dink ek nie dat ek 'n sangeres is nie, wel 'n gefrustreerde balletdanseres. Toe ons op Witbank gebly het, was daar nie 'n balletskool nie en toe ons Benoni toe kom, was ek al te groot. As ek my lewe moet oorhê', dit aan haar ma, 'dan loop ek sowaar van die huis weg net om balletklasse te neem.' Terug na my: 'Miskien gebeur alles darem ten beste, want ek dink ek's 'n bietjie te lank vir 'n balletdanseres.' Leonore besit ook daardie besondere gawe om lekker vir haarself te lag. Toe sy jonger was, het 'n snipperige nefie vir haar gesê: 'Leonore, jy sing seker pragtig.' 'Hoekom', wou sy weet, terwyl haar bors sommer 'n paar duim uitgestoot het. 'Want', kom dit triomfantelik, 'jou bene lyk nes 'n kanarie s'n.' 'Die waarheid maak altyd seer', lag Leonore terwyl sy haar heeltemal welgevormde bene krities bekyk. 'Dis seker dié dat ek so graag balletklasse wou neem'..."

 
Op 12-jarige ouderdom sing Leonore in haar eerste sangkompetisie wat sy ook wen. As kind neem Leonore gereeld deel aan verskeie sangkompetisies en eisteddfods en wen vele goue medaljes, sertifikate en bekers. Sy het later ook haar finale sangeksamen met lof geslaag. Sy ontvang soos Barbara en Bennie sangonderrig van die Walliese sopraan Gwladys Jones Webber.
 
Tydens 'n onderhoud [publikasie, opskrif, skrywer, en datum onbekend] wat met Leonore gevoer is, word die volgende vertel:
 

"... Leonore se sangloopbaan het eintlik al op Witbank begin toe die nonne haar Ave Maria by die skoolkonsert laat sing het. As kind het sy dikwels aan kunswedstryde deelgeneem, maar sang nooit ernstig opgeneem nie, want broer Bennie was eintlik die sanger van die gesin. Die tyd het gimnastiek 'n baie belangrike plek in haar lewe ingeneem en sy het selfs aan die Suid-Afrikaanse gimnastiek kampioenskappe deelgeneem, darem net in die spannommers verseker sy my ..."

 
In die Daily News van 7 Mei 1971, met die opskrif HER VOICE IS AS LOVELY AS HER LOOKS, word die volgende geskryf :
 

"A little girl who once thrilled the Witbank Convent nuns with her sweet rendering of [Gounod's] 'Ave Maria' has come a long way and is now thrilling South African audiences as her rich soprano voice soars and resounds in opera halls to orchestral accompaniment …"

Leonore ontvang haar laerskoolopleiding in Witbank waarna die Veenemans-gesin na Benoni verhuis. Sy matrikuleer aan die Hoërskool Brandwag in Benoni.
 
In 'n tydskrif onderhoud [publikasie, opskrif, skrywer, en datum onbekend] wat met Leonore gevoer is, word die volgende vertel:
 

"... Sy besluit toe om gimnastiekonderwyseres te word. Na drie weke in die gimnastiekklas by die Onderwyskollege van Pretoria, besluit sy dat sy, hoewel sy graag op haar kop staan, dit darem nie vir die res van haar lewe wil doen nie. Wat anders? Wel, sê haar ma, jy's so lief vir kos, hoekom neem jy nie huishoudkunde nie."

 En daar bekwaam Leonore haar toe as huishoudkunde onderwyseres aan die Pretoriase Onderwys Kollege. Sy keer terug na Brandwag Hoërskool om daar skool te hou. Leonore was onder andere ook bekend vir haar lekker onthale en die heerlike kos wat sy gemaak het en 'n hele paar van Leonore se oorspronklike kookresepte was gepubliseer.
 
In dieselfde onbekende publikasie word dit verder vertel:
 

" ... Kos is vir haar 'n groot avontuur. Sy is lief om vreemde geregte te maak, om te onthaal en 'n lekker uit-aandjie is 'n eet-aandjie. 'Ek het al gewonder of dit is omdat ek so baie eet dat ek in musiek belang stel. Al die sangers wat ek ken, is besonder lief vir kos. Seker dat die meeste van hulle so v… wel, so effe aan die groot kant is. Daar was natuurlik vroeër die opvatting dat 'n mens ondersteuning vir jou stem moet hê en dat, hoe stewiger jy is, hoe meer steun jy jou stem. Omdat die gehoor deesdae dinge meer realisties wil hê, selfs in die opera, is vet sangers nie meer dié mode nie. Die sangers moet darem lyk na die romantiese figure wat hulle vertolk..."

 
In 1951, op 21-jarige ouderdom, begin Leonore met sanglesse by Madame Stella Cavalli in Johannesburg. Sy bedank haar pos as onderwyseres by die Brandwag Hoërskool in Benoni en spits haar toe op verhoogrolle en radio-uitsendings saam met die SAUK-Simfonie Orkes.
 
In 1961 is Leonore met die onderskraging van Eva Harvey, destyds bekend vir haar huiskonserte, na Wene in Oostenryk om verder sang by die sangpedagoog Maria Hirtoff te studeer. Leonore noem op een van haar radio-onderhoude dat sy net kon insit en luister na die klasse en het nie self aan die klasse deelgeneem nie.
 
In 'n onderhoud met die Daily News van 7 Mei 1971 met die opskrif LEONORE - HER VOICE IS AS LOVELY AS HER LOOKS, vertel sy die volgende oor haar verblyf in Wene: 


"… 'I always wanted to be a singer although I trained as a domestic science teacher when I left school', said auburn-haired Leonore. Then at 21, I began singing lessons with Madame Stella Cavalli'. She went on to Vienna to study under the famous Maria Hirtoff. 'I attended an opera academy for six months as a guest in the classes - I did not actually take part. It was valuable training, for in South Africa, the stage itself is the opera school. There is no academy where you are taught to move and act in opera', she said..."

 
Leonore se verblyf in Wene was ongelukkig van korte duur en groot was haar blydskap toe Maria Hirtoff haar kort na Leonore se terugkeer ook in Suid-Afrika gevestig het. Leonore het dadelik met sanglesse by Maria begin. Na haar terugkeer uit Wene kry Leonore haar eerste operette-rol as Adéle in Die Fledermaus.
 
Intussen is Leonore getroud en skenk die lewe aan haar dogter Liezel in Januarie 1964. Nadat Maria Hirtoff terug is na Wene, vertrek Leonore na Milaan in Italië om sangles by die Italiaanse dirigent, Franco Ferraris, te neem. Ferraris, wat talle Italiaanse operas in Suid-Afrika gedirigeer het, was so beïndruk met haar mooi stem dat hy Leonore uitgenooi het om by hom sangles in Milaan te neem. Haar moeder Olga en Leonore se dogtertjie Liezel het haar na Milaan vergesel.
 
Leonore moes baie opofferinge maak om haar sangloopbaan na te volg. 'n Loopbaan wat sy met passie nagevolg het, want niks was vir haar belangriker as om erken te word as 'n gerespekteerde opera sopraan nie. Die ligte musiek wat sy later begin sing het, was nie vir haar so bevredigend soos om op die operaverhoog te staan nie. 
 
Sy was ook baie gefrustreerd omdat TRUK nie altyd vir haar hoofrolle wou gee om te sing nie. Aangesien sy die meeste van haar werk van ander streekrade ver weg van die huis en haar familie moes aanneem, het dit vereis dat sy baie moes reis wat daartoe gelei het dat sy vir weke en soms maande weg van die huis af was.
 
In 'n onbekende publikasie vertel Leonore:
 

"... 'Praat van opofferings', sug Leonore. 'As ek nie so lief was vir sang nie, was dit wraggies nie die moeite werd nie. Ek is byvoorbeeld dol oor swem, maar mens moet altyd versigtig wees vir verkoues. As dit reën of net bitter koud is, waag ek dit nie buite nie. Rede: Niks doen wat 'n verkoue meebring nie. As daar nou een ding is waarvoor ons so bang is soos die duiwel vir die spreekwoordelike slypsteen, dan is dit 'n simpele verkouetjie. As ek voel ek het 'n brandneus, of as die punt van my neus so effe rooierig lyk, hardloop ek reguit dokter toe.

Sangers is heeltemal ipekondries wat verkoues betref. Ek dink dis juis daaroor dat ons dit so dikwels kry. Weet jy, dit het al gebeur dat ek skaars kan praat en dan moet ek nog sing. Soms ly my gesinslewe ook daaronder. Baie dinge wat ons saam beplan, word net nooit gedoen nie, want as dit nie opera is nie, dan is dit films, opnames en konserte. Dan moet my man natuurlik saans by Liezel bly. Ek is lief vir die toneel, dog kom selde daar, want as mens die slag 'n aandjie los is, wil jy dit eerder stil by die huis deurbring …

Dis nogal vir my snaaks hoe min Suid-Afrikaners sang as 'n loopbaan beskou. Toe een van my sangkennisse eendag vir iemand sê dat hy sing, nét sing, om 'n bestaan te maak, was die persoon eers ongelowig en toe vreeslik geskok om te dink dat 'n uitgegroeide mansmens dink hy het 'n dag se werk gedoen as hy gesing het. Eintlik is dit maar met al die kunste so. Dis aanvaarbaar as 'n stokperdjie, maar 'n beroep, aikôna!..."

 
In die SAUK-SABC Bulletin van 21 Julie 1969 word Leonore soos volg beskryf. Hier volg 'n uittreksel met die opskrif: DIE LAGGENDE PRINSES VAN SANG
 

"... Hier is blykbaar 'n sangeres sonder fieterjasies en sonder verwaandheid. Sy praat van haarself as 'lank en lomp'. Haar aansteeklike glimlag is maar altyd daar en dan sien 'n mens net tande wat, volgens haar te groot is. Dis daardie glimlag wat vir haar die bynaam 'Laggende Prinses van Sang' verdien het ... "

 

Leonore se optredes
 

DIE FLEDERMAUS - 1961
 
Net na haar terugkeer uit Wene, is Leonore gevra om op te tree vir die Opera Society of South Africa (OPSA) se opvoedkundige toer in haar eerste groot rol, die van Adéle in Johan Strauss se bekende operette, Die Fledermaus.
 
Joubero Malherbe vertel:
 

"Hier is sy deur die Suid-Afrikaanse publiek op die hande gedra en elke opera en operette waarin sy daarna gesing het, was 'n groot sukses vir haar. Gedurende hierdie tyd ontvang sy onderskeidelik sangonderrig in Suid-Afrika van Xander Haagen en Joyce Barker."

 
HÄNSEL UND GRETEL - 1962
 
Met die opening van die Johannesburgse Stadskouburg in 1962, is Leonore genader om haar eerste operarol, dié van Hänsel in Humperdinck se opera Hänsel und Gretel in die Stadskouburg te sing. In hierdie produksie het sy onder andere saam met Jossie Boshoff en Doris Brasch opgetree.


 Jan Brewis, Liezel en Leonore

 Leonore saam met haar 5-jarige dogtertjie Liezel.


DIE HUWELIK VAN FIGARO - 1963


  
Nellie du Toit, Jossie Boshoff en Leonore Veenemans in
Die Huwelik van Figaro, TRUK 1963.
 
  
In 1963 sing Leonore haar eerste hoofrol vir TRUK, dié van Cherobino in Mozart se bekende opera Die Huwelik van Figaro (Le nozze di Figaro). Die opera word in Afrikaans gesing. Die rol het haar soos 'n handskoen gepas. Sy was 'n heerlike spontane Cherobino wat speels op Susanna en die Gravin verlief was. Leonore het Cherobino uitstekend gesing en het die karakter se stuitige manewales goed vertolk. Daar was in totaal 13 opvoerings van hierdie produksie en is beskou as 'n meer tradisionele produksie. Die produksie was baie gewild en was omtrent elke aand heeltemal uitverkoop en het +- R19,000-00 by die loket verdien.
 

Die rolverdeling van die hoofkarakters was soos volg:
 
Figaro - Dawie Couzyn
Susanna - Jossie Boshoff
Gravin Almaviva - Nellie du Toit
Graaf Almaviva - Wolfgang Annheiser
Cherobino - Leonore Veenemans
Don Basilio - Gert Potgieter
Marcellina - Nohline Mitchell
Dr Bartolo - Øystein Liltved
Barbarina - Doreen Distiller
Don Curzio Jos Jansen
Antonio - Xander Haagen
Dirigent - Anton Hartman
Dekor - Neumann Spallart
Kostuums - Eva Stürminger
 
PAK van The Pretoria News op 17 Mei 1963 het die volgende onder die opskrif NO CHAMPAGNE AT THE WEDDING geskryf:
 

"Dawie Couzyn, who displays a lively feeling for comedy in his role as Figaro, and in partnership with Leonore Veenemans as the pageboy Cherobino, came closest to realising Mozart's intension in this light-hearted opera.

A somewhat self-conscious demonstration of enthusiasm, a group of students pelted Pretoria soprano Nellie du Toit with flowers at the end of last night's performance of "Die Huwelik van Figaro" (The Marriage of Figaro) at the Aula. This was our introduction to PACT's Opera Company and the individual performances were often admirable, the Josef Witt production was rather over-large for Mozart's intimate work; the whole lacked pace and, the emphasis on solidity and weight, it seldom had elegance …

Without Dawie Couzyn's Figaro and Leonore Veenemans's Cherobino, the rather protracted performance would have been sadly lacking in any spirit of animation, though Nellie du Toit, as the Countess, was not in good voice but showed a nice humour of these complicated situations … Leonore Veenemans was a delightful Cherobino, dominating the stage with a lively boyishness from the first entrance …" 


DIE FLEDERMAUS - 1966
 
In 1966 vertolk Leonore die rol van Rosalinda in Johan Strauss se komiese operette Die Fledermaus vir TRUK tydens plattelandse toere deur Suid-Afrika. Sy toer onder andere saam met Dawie Couzyn, Nicolai Cencherle, Xander Haagen, en Ralie Meyer.
 
 
DIE SIGEUNERBARON - 1966


 
Op 11 Junie 1966 maak Leonore haar debuut in die Alhambra Teater in Durban vir NARUK in die rol van Saffi in Johann Strauss se operette Die Sigeunerbaron. As Saffi en Sandor was Leonore en Gé Korsten die ideale sangpaar.
 
Die rolverdeling van die hoofkarakters was soos volg:
 
Sandor - Gé Korsten
Saffi - Leonore Veenemans
Kalman Zsupan - Alphonso Lee
Dirigent - Charles Denholm
Regisseur - Hermien Domisse
 
Saam met hulle sing ook onder meer Jim Davies, Walter Heinen, Bettie Oosthuizen, Christina Greig, Dennis O'Driscoll en Leonore Groenewald. Die regisseur was die bekende aktrise Hermien Domisse. Dit was ook haar eerste opera / operette produksie waar sy vir NARUK die regie behartig het.  Die dirigent was Charles Denholm. Die Dekor is ontwerp deur Graham Brown en Gudrun Enickl het die kostuums in ooreenkoms met SUKOVS behartig.
 
In die Natal Mercury van 27 Mei 1966 onder die opskrif, EXCITING SOPRANO, word die volgende oor Leonore geskryf:
 
"She is South Africa's most exciting lyric soprano and I predict a brilliant future for her. This is how Miss Hermien Domisse, guest director of NAPAC's forthcoming 'Gipsy Baron', describes Leonore Veenemans, the young Benoni singer who will play the role of Saffi".
 
Pieter Serfontein skryf in Die Transvaler op 16 Junie 1966 [opskrif onbekend]:
 
"NARUK kan met reg trots wees op hierdie opvoering ... dit is beslis die beste wat nog in Durban op die planke was! Hierdie eer kom Hermien Domisse (regisseuse) toe en natuurlik die opperbestuur wat haar gekies het om die Sigeunerbaron af te rig ... Van die soliste was dit Leonore Veenemans (Saffi) en Gé Korsten wat 'n groot indruk gemaak het.   
Mej Veenemans se Saffi is 'n natuurlike jong meisie, vol grasie en opregtheid. As dit later aan die lig kom dat sy van adellike afkoms is, kan 'n mens begryp waarom die Sigeunervurigheid ontbreek. Haar sangstem het die afgelope jaar sedert ons haar hier in Die Huwelik van Figaro gehoor het, tonne verbeter. Daar is nou 'n dramatiese kwaliteit wat sy tegnies ten volle benut.
 
Die bekende Sigeunerlied het sy byvoorbeeld uitstekend gesing. 'n Sangeres wat ons hier (soos Hermien Domisse) baie meer van behoort te hoor. Haar warme persoonlikheid behoort te pas by vele operarolle ... 'n Groot applous vir die twee sangers wat ondanks 'n ongedissiplineerde (en uiters swaar) orkes, sang van hoë gehalte gelewer het..."


Leonore en Gé Korsten in ‘n toneel uit Die Sigeunerbaron.


 COSI FAN TUTTE - 1966


Gedurende 1966 is Leonore op toer vir TRUK met Mozart se opera Cosi fan tutte. Hier sing sy die hoofrol van Fiordiligi.
 
Die volgende kort uittreksel en advertensie vir The Bartered Bride noem die volgende:
 

"Leonore Veenemans is one of the up-and-coming young singers who has been engaged in an increasing number of activities for PACT. She is singing the role of Marenka in 'The Bartered Bride', to be presented in the Aula during June. She is at present on tour with Cosi Fan Tutte in the role of Fiordiligi, one of the love-lorn maidens. She has also been heard as soloist at a number of performances of the PACT Orchestra in many centers in the Transvaal."


THE BARTERED BRIDE - 1966
 
Op 14, 17, 20, 22 Desember 1966 sing Leonore vir TRUK die rol van Mařenka in Bedřich Smetena se opera The Bartered Bride wat sy met Nellie du Toit deel. Die opera word in Engels opgevoer. Dit was een van twee operas waarin die Veenemans-susters saam opgetree het. Die opera is in die Aula in Pretoria sowel as in die Johannesburgse Stadskouburg opgevoer.
 
Die rolverdeling van die hoofkarakters was soos volg:
 
Krušina - Jaco van der Merwe
Ludmilla - Stella Beder
Mařenka - Leonore Veenemans / Nellie du Toit
Micha - Wicus Slabbert
Hata - Barbara Veenemans
Vašek - Gert Potgieter
Jenik - Gé Korsten
Kečal - Øystein Liltved
Ringmaster - Webster Booth
Esmeralda - Margaretha Deysel
Indian - John Llewellyn
Circus Ballerina - Jacqueline Eliason
 
Dirigent - Leo Quayle
Regisseur - Victor Melleney
Dekor - Bill Smuts
Kostuums - Aubrey Couling
 
Pieter Serfontein van Die Transvaler skryf op 20 Desember 1966 die volgende resensie onder die opskrif JONG KUNSTENAARS BEÏNDRUK IN OPERA EN BALLET:
 

"Saterdag het drie jong kunstenaars die geleentheid gehad om hoofrolle te vertolk in TRUK se huidige opera- en balletopvoerings. … In die aandopvoering het Leonore Veenemans die Mařenka-rol in Die Verkoopte Bruid gesing.

 …SOPRAAN: Ons het Leonore Veenemans ongeveer vier jaar gelede hier in 'n opera-opvoering gesien. Dit is jammer. Indien hierdie voortreflike sopraan meer dikwels gebruik was in die verlede sou sy vandag beslis gereken kon word as een van ons voorste operasangeresse. Die sangstem is daar, die gawe tot toneelspeel ook …

 Leonore Veenemans se Marenka is 'n vrolike opgewekte dorpsmeisie wat groot patos toon sodra sy uitvind dat haar geliefde "ontrou" is. Haar voorstelling van die rol is geloofwaardig. In Saterdagaand se opvoering was sy die enigste wat oortuig het as 'n karakter. 'n Mens kon in Marenka glo, jy het saam met haar droefheid en vrolikheid meegemaak.

 Maar nommer een is die sopraan se uitstekende tegniek. Wat die opvallendste is, is dat mej Veenemans emosie met haar sangstem kan weergee. Dink hier bv aan haar lewering van Marenka se groot aria in die derde bedryf. Dit was vol patos, eensaamheid, nostalgie, en met haar tegniese suiwerheid het Leonore Veenemans die aria 'n hoogtepunt in hierdie opvoering gemaak. Geen wonder die gehoor was luidrugtig in sy applous nadat hierdie eerlike sangeres die skone aria gesing het nie.

 'n Mens kan net hoop dat TRUK in die toekoms baie meer van Leonore Veenemans sal gebruik maak. Daar is talle rolle wat sy met groot sukses sal kan sing. Dink maar aan die talle romantiese operas waarin sy 'n ware heldin kan wees. Sy verdien erkenning, want Saterdagaand het sy "gearriveer" as operasopraan."

 

Op 21 Desember 1966 verskyn die volgende resensie deur John Davies [koerant onbekend] onder die opskrif A GRACEFUL AND VERY SUITABLE VILLAGE GIRL:
 

"There was much more warmth in last night's performance than on the opening night. This was understandable, because the chorus and the corps have had time to settle into their routines. The chorus, particularly, was in better voice and the principles moved and sang with more natural assurance.

 Alternating with Nellie du Toit in the role of Marenka, Leonore Veenemans suited the part well. She was a pretty villiage girl caught up in intrigue, and doing a bit herself as well. She moved gracefully and acted in the spirit of the part without overemphasis. Her enunciation was good and her voice projected well. 'Faithful I Shall Ever Be' and 'I have a Lover' were sung with feeling".

 
Jacqueline Eliason (Circus Ballerina) commented per e-mail:
 
I was the circus ballerina in the 1966 production of The Bartered Bride with Leonore Veenemans and Gé Korsten.  Producer Victor Melleney and Conductor Leo Quayle at the Civic and Aula theatres. I was with the PACT ballet company. I would give anything to see this production on a video/CD! Our media in those days was ‘non-existent!’. Is there any possibility of acquiring this? I thought that Leonore Veenemans and Gé Korsten were unbelievable and to this day still rave about them! I am so proud to have been linked to that production with South Africa’s GREATEST ever. My role was to be thrown horizontally from one end of the stage, being caught and then returned to the other side. When we were auditioned, we have to have been able to perform 16 fouettes on point at the end and this, with God’s gracious help, managed to do, so got the part! Anyway, it was probably the most amazing role ever! So, that’s a bit more of the history!


THE BARTERED BRIDE - 1967
 

In Mei 1967 herhaal TRUK sy produksie van The Bartered Bride.
 
Die rolverdeling van die hoofkarakters was soos volg: Krušina - Jaco van der Merwe
Ludmilla - Stella Beder
Mařenka - Leonore Veenemans
Hata - Barbara Veenemans
Vašek - Gert Potgieter
Jenik - Lloyd Strauss-Smith
Kečal - Øystein Liltved
Ringmaster - Webster Booth
Esmeralda - Margaretha Deysel
Indian - John Llewellyn
Dirigent - Leo Quayle
Regisseur - Victor Melleney
Dekor - Bill Smuts

Die volgende resensie deur PRB [koerant en datum onbekend] het onder die volgende opskrif verskyn, POTGIETER SKITTER IN KOMIESE ROL: 
"…Die heropvoering van die volksopera deur TRUK was 'n goeie gedagte, veral met die oog op die feit dat die tragiese opera, Macbeth van vanaand om die beurt aangebied word.
 
Leo Quayle het die orkes met 'n vaste hand gedirigeer, maar tog die lewenslustige kwaliteit wat die opera verlang, behou. Met die openingsakkoord van die ouverture was dit duidelik dat die orkes in goeie hande is. Die regte atmosfeer is geskep deur Bill Smuts se effektiewe dekor en hoewel daar geen dekorverwisseling dwarsdeur die opera is nie, word die toeskouer nooit moeg daarvoor nie.
 
TRUK se balletgeselskap het ook daarvoor gesorg dat die opera 'n dansende opera gebly het, veral die Dans van die Komediante was 'n juweel (die oorspronklike choreografie is gedoen deur Frank Staff en Nina Alova was verantwoordelik vir die herproduksie).
 
Gert Potgieter as Vasek het beslis die kalklig gesteel met sy byna idiotiese voorkoms en vertolking van die rol. Hy het weereens gewys dat hy uitblink in komiese rolle. Al die sangers het deurgaans 'n hoë standaard gehandhaaf.
 
Lloyd Strauss-Smith is voorwaar 'n aanwins op die operaverhoog. Hy het goed in die rol van Jenik gepas en hoewel daar min geleentheid was om te wys waar toe hy in staat is, het hy 'n uitstekende vertolking gelewer. Sy tenoorstem is resonant en sy diksie duidelik.
 
Die vertolking van Leonore Veenemans was baie goed. Sy het as "die bruid" die ernstige sowel as die lighartige momente goed uitgebeeld. Ek het haar lanklaas so goed hoor sing. Haar duet in die tweede bedryf met Vasek waar sy koketterig met hom flankeer was uitstaande. Haar kostuum in die eerste bedryf was na my smaak egter te lomp en lelik.
 
As die huweliksmous Kecal, het Øystein Liltved 'n goeie vertolking gelewer. Sy solo Laat Alles aan my Oor in die eerste bedryf verdien 'n pluimpie. Jaco van der Merwe as Krusina, Stella Beder as Ludmilla en Nicolai Cencherle het goed in die ondersteunende rolle gepas en hul ensemble werk was ook goed. Veral die ouerpare in die tweede bedryf het in die kwantiteite geskitter.
 
Die koormeester Neil Chapman behoort 'n knoopsgatruiker aangesteek te word vir sy koorafrigting. Die koorsang was puik. Ongelukkig was daar soos in alle kore die enkeling wat ook graag 'n solis wil wees wat steurend kan wees vir die gehoor. Victor Melleney het hom goed van sy taak gekwyt met die kleurryke en sprankelende opera wat op 'n hoë noot afgesit het. Die ondersteunende rolle van Hata (Barbara Veenemans), Micha (Xander Haagen), die Indiaan (John Llewelyn) is baie goed vertolk. Die Verkoopte Bruid waarvan die meeste musiek (veral die koorwerk) gegrond is op Tsjeggiese volkswysies word op 5, 11 en 13 Mei in die Johannesburgse Skouburg aangebied. Daarna gaan dit na die Aula, Pretoria."
 
 
NABUCCO - 1968 - (Fenena) - PACT


In 1968 vertolk Leonore die rol van Fenena in TRUK se produksie van Verdi se Nabucco met groot sukses.
 
Die rolverdeling van die hoofkarakters was soos volg:
 
Nabucco - Renato Bruson
Ismaele - Gert Potgieter
Zaccaria - Boris Carmeli
Abigaille - Joyce Barker
Fenena - Leonore Veenemans
High Priest - James Coker
Abdallo - James Jackson
Anna - Stella Beder
Dirigent - Franco Ferraris
Regisseur - Victor Melleney
Ontwerper - Raimond Schoop
 
 
DIE BEDELAARSTUDENT, 1968 - (Lora) - PACOFS


Die Ernest Oppenheimer-Skouburg in Welkom is in 1968 ingewy met Carl Millöcker se operette, Der Bettelstudent (Die Bedelaarstudent). Leonore Veenemans en Gé Korsten het die hoofrolle gesing.

 
Die rolverdeling van die hoofkarakters was soos volg:
 
Gé Korsten - Simon Rymanowich
Leonore Veenemans - Lora
Nicola Cencherle - Jan Janicki
Louisa le Roux-Cronje - Bromislawa
Albi Louw - Kol. Ollendorf
Dirigent - Eberhard Künkel
Ontwerpe - Kasimir Dubinski
 
Die volgende resensie deur F Oosthuizen oor die opvoering het onder die opskrif LEONORE VEENEMANS DIE GLANSPUNT IN OPERETTE, verskyn. [Koerant en datum onbekend]:

"Met groot swier en statigheid is Welkom se skouburg gisteraand ingewy met die première van Millöcker se Weense operette, Die Bedelaarstudent. Die aanbieding as geheel kan as 'n groot sukses beskou word en veral die teater bewys gelewer dat dit in alle opsigte voldoen aan akoestieke vereistes.

Eberhard Künkel verdien lof vir die bekwame wyse waarop hy die Durbanse stadsorkes beheer het, maar ongelukkig was die ewewig tussen orkes en die koor van 80 lede by tye te erg versteur. Die soliste was puik met veral Leonore Veenemans as die skalkse koketterige Lora … die glanspunt op die verhoog. Gé Korsten se gewone sjarmante aantreklikheid het pragtig saamgevloei met sy vertolking van Simon Rymanowich, die jong bedelaarstudent wat skielik deur ongewone omstandighede in die rol van 'n jong miljoenêr beland, wat die hand van die skone Lora moet verower.

Die aangenaamste verassing van die aand was Nicola Cencherle se vertolking van Jan Janicki, Simon se studentevriend wat verlief raak op Bromislawa, Lora se jonger suster, vertolk deur die Bloemfonteinse sopraan, Louisa le Roux-Cronje. Die liefdesdeel deur die twee het dan ook die grootste byval gevind. Albie Louw as kol. Ollendorf wat wraak sweer op Lora nadat sy hom verneder het, was die sentrale figuur waarom alles gedraai het. Van sy eerste verskyning af het hy die gehoor aan sy voete gehad met sy sprankelende spel en kwinkslae soos by een geleentheid toe verwys is na Oppenheimer se miljoene wat ietwat vreemd voorkom in 'n Weense operette. Alle eer aan Kasimir Dubinski wat verantwoordelik was vir die dekor ontwerp met al sy kunstige uitbeelding van die tronk in Krakau.

 
PETER GRIMES - 1969 - 
(The Niece) - PACT

In 1969 sing Leonore vir 7 opvoerings die rol van een van die Niggies in Benjamin Britten se opera Peter Grimes in onvergeetlike opvoerings saam met Gert Potgieter in die hoofrol as Grimes vir TRUK. Hier was baanbrekerswerk gedoen wat nuwe repertoire aan operaliefhebbers bekend gestel het. Buiten Ava June, was al die sangers in hierdie opera Suid-Afrikaners wat die sukses soveel groter gemaak het.
 
Die rolverdeling van die hoofkarakters was soos volg: 
Peter Grimes - Gert Potgieter
Boy (John) - Eddie Prinsloo
Ellen Orford - Ava June
Capt Balstrode - Lawrence Folley
Auntie - Marita Knobel
Nieces - Leonore Veenemans / Ralie Meyer
Bob Boles - George Kok
Swallow - Øystein Liltved
Mrs Sedley - Stella Beder
Rev Horace - Adams James Jackson
Ned Keene - Jaco van der Merwe
Hobson - Rudi Neitz
Dirigent - Leo Quayle
Regisseur - Victor Melleney
Ontwerpe - Raimond Schoop
 
Die volgende resensie gedateer 25 April 1969 onder die opskrif PACT'S OPERA WAS PACKED WITH BENONIANS [koerant en skrywer onbekend], vermeld as volg:
 

"Benoni is certainly well represented in "Peter Grimes", Benjamin Britten's modern opera, being produced by PACT and currently running in Pretoria. The nine Benoni members of the cast include five members from one family, Lawrence Folley, the internationally famous baritone, who plays "Balstrode", and Mrs Marie Folley, plays a first violin in the PACT orchestra. Their daughter Roxan is in the chorus, as is Mrs Folley's sister, Shirley Herholdt, whose son Petrus takes a small part.

Miss Leonore Veenemans, a soprano, takes the part of a niece and other Benoni members are Miss Denise Oakley, Mrs Sorida Gerber and Mrs Evelyn Jones. When the final curtain came down on Saturday evening, the opening night of "Peter Grimes" in Pretoria and South Africa, Miss Veenemans and Mr Folley shared enthusiastic ovation. Prior to the opera they had completed a tour with PACT as Madame Butterfly and Sharpless in "Madame Butterfly" and as soon as the PACT season in Johannesburg ends, they will travel to Cape Town, and will appear in "Die Fledermaus" as Rosalinde and Eisenstein, for the Cape Town Opera season. After the Cape Town season, Miss Veenemans will travel to Italy in order to further her studies. Her first long playing record will be released at the end of this month."


Source photo: https://issuu.com/vistanews/docs/vista_news_26-09-2013


MADAMA BUTTERFLY - 1969 - (Cio-Cio-San)- PACT


As daar een rol is wat uitgesonder kan word wat Leonore fantasties vertolk het, dan is dit die rol van Cio-Cio-San in Puccini se bekende opera Madama Butterfly. Leonore het die rol met passievolle deernis vertolk. Sy kon haar ten volle in die rol inleef. Die slottoneel het veral die gehoor geraak want die rol van die kind was deur haar eie dogtertjie, die vyfjarige Liezel, gespeel. Leonore het ook tydens verskeie onderhoude genoem dat Cio-Cio-San haar gunsteling rol was om te sing. Die musiek het tot haar gespreek en het uitstekend by haar stem gepas. Madama Butterfly is deur TRUK vir 10 opvoerings opgevoer. Hierdie produksie was in Engels opgevoer.
 
Die rolverdeling van die hoofkarakters was soos volg:
 
Cio-Cio-San (Madame Butterfly) - Leonore Veenemans / Elizabeth Vaughan
Suzuki - Marita Knobel
Pinkerton - David Hughes
Sharpless - Bob Borowsky
Goro - Gert Potgieter
Prince Yamadori - Xander Haagen
The Bonze - Øystein Liltvedt
Imperial Commissioner - Xander Haagen
Official Registrar - James Jackson
Kate Pinkerton - Rita Roberts
Dirigent - Leo Quayle
Regisseur - Victor Melleney
Ontwerpe - Aubrey Couling
 

MADAMA BUTTERFLY - 1970  - (Cio-Cio-San) - PACT


Weer sing Leonore die rol van Cio-Cio-San vir TRUK in September 1970. Leonore het ook vir TRUK die rol op toer deur Suid-Afrika gesing. Dit was 'n rol wat sy beslis haar eie gemaak het.
 
 

GIANNI SCHICCHI - 1970 - (Lauretta) - PACT


Vir TRUK sing Leonore in April 1970 in Puccini se opera Gianni Schicchi die rol van Lauretta. Haar suster Barbara sing weereens saam met haar in hierdie opera die rol van Nella. Daar was altesaam 10 opvoerings in die Johannesburgse Stadskouburg sowel as in die Aula in Pretoria opgevoer. Die produksie is in Afrikaans opgevoer; die Afrikaanse vertaling is deur Gideon Roos gedoen.
 
Die rolverdeling van die hoofkarakters was soos volg:
 
Gianni Schicchi - Dawie Couzyn
Lauretta - Leonore Veenemans
Zita - Stella Beder
Rinuccio - John Zaverdino
Gherardo - George Kok
Nella - Barbara Veenemans
Betto di Signa - Ken Anderson
Simone - Øystein Liltvedt
Marco - Xander Haagen
La Ciesca - Marita Knobel
Spinelloccio - Bruce Anderson
Amantio di Nicolaio - Ian Donald
Pinnellino - Harold Kok
Guccio - Sameul Kock
Dirigent - Leo Quayle
Regisseur - Victor Melleney
Ontwerpe - Graham Brown
 
Hennie Joubert die resensent van Die Hoofstad skryf in sy resensie onder die opskrif: GIANNI SCHICCHI HET DIE PUBLIEK GAANDE [datum van koerant onbekend]
 

" ... Van die twee eenbedrywe is dit natuurlik Gianni Schicchi wat met sy skitterende sprankeling en gevathede die publiek gaande het. In Johannesburg was dit nie net te danke aan Puccini se musikale ingewings of die teks nie (hoewel Gideon Roos se keurige vertaling in Afrikaans die staccato-pret uitstekend onderskraag het!), maar in besonder aan die gelukkige spontaniteit van die optrede van die spelers ... Leonore Veenemans is 'n aria vir die oog! Dit was net so aangenaam om na haar te kyk as om na haar te luister in My Geliefde Vader ... Hierdie is een van TRUK se mees genotvolste aanbiedings in 'n lang tyd ... "

 
Die Sunday Times se resensie op 5 April 1970 onder die opskrif PUCCINI ONE-ACTERS skryf die volgende:
 

" … Dawie Couzyn is splendid as the arch-rascal Gianni, Leonore Veenemans is outstanding as his daughter Lauretta; John Zaverdino looks well as Lauretta's young sweetheart. A most satisfactory evening, and one to be recommended."

 
Phillipa Breytenbach skryf in haar resensie in Die Transvaler van 1 April 1970 onder die opskrif, NA TOSCA IS EENAKTERS 'N OASE
 

" ... Die jong Suid-Afrikaanse sopraan Leonore Veenemans het stukke verbeter nadat ons haar laas in Madama Butterfly gesien het. Haar manier om te 'scoop' van een register na 'n ander register het heelwat verbeter. Met 'n goeie sangmeester sal sy die probleem maklik oorbrug. Haar weergawe van O my Geliefde Vader het groot byval gevind ...

 Tog was dit Marita Knobel, Stella Beder en Barbara Veenemans wat die oog gevang het. Die sang van die drie het my veral beïndruk. Hier het ons goeie materiaal in drie sangeresse wat veel werd vir die opera hier kan wees. Die kwartet tussen Couzyn, Leonore Veenemans, Stella Beder en John Zaverdino was 'n hoogtepunt in die aanbieding ... "

 
Joe Sack van die Rand Daily Mail skryf in sy resensie onder die opskrif ALL ENTERTAINMENT IN PACT OPERAS, die volgende:
 

" ... Tongue-in-cheek, Puccini even laughs at himself, when he gets Gianni Schicchi's daughter Lauretta, to persuade her father to change the will. Instead of a new aria, she suddenly sings one from 'La Boheme'. Leonore Veenemans sang it very well, too, with the seriousness and artistry that all good farce should exhibit … "


 DIE FLEDERMAUS - 1971 - (Rosalinde) - NAPAC


 Op 11 Mei 1971 open Johan Strauss se operette, Die Fledermaus in die Churchill Teater in Durban. Leonore sing vir NARUK die rol van Rosalinde onder andere saam met Lawrence Folley. Leonore en Lawrence was 'n geliefde sangpaar wat graag saam in produksies en konserte opgetree het.
 
Die rolverdeling van die hoofkarakters was soos volg:
 
Rosalinde - Leonore Veenemans
Eisenstein - Lawrence Folley
Adéle - Marianne Winter
Alfred - Gert Potgieter
Dr Falke - Kenneth Reynolds
Orlofski - Valerie Anderson
Dr Blind - David Matheson
Ida - Leonore Groenewald
Frosch - Jack Payne
 
Die regisseur was die Oostenryker Peter Brenner en die dirigent was die Israeli Aaron Charloff, kostuums is deur Tom Owen ontwerp en die dekor is deur David Sidey behartig.
 
Die Natal Witness op 4 Mei 1971 skryf die volgende [skrywer en opskrif onbekend]:
 

 "Mrs Leonore Veenemans is one of the cast busy rehearsing for "Die Fledermaus" which will have its opening night at the Winston Churchill Theatre on May 11th. Mrs Veenemans feels very enthusiastic about the production and is thoroughly enjoying the rehearsals. 'We all love our producer', she said, 'and I am sure it's going to be a super show'. This will be the second time that she and the lead opposite her, Mr L Folley, have done 'Die Fledermaus' together. They are both from Benoni and know one another well. After this show they will be appearing in 'Kiss me Kate' together…"

 … Mrs Veenemans only began singing seriously 10 years ago when she was 21. She had always thought that she would like to be a singer but never imagined that she could succeed. 'I think I was lucky that I did start so late, as I don't think it's good to tamper with your vocal chords before they are fully developed', she explained.

 Mrs Veenemans received most of her training on the stage. She started with minor parts and gradually moved to bigger roles. When she first started she was also a domestic science teacher in Benoni, which meant that she taught in the mornings and rehearsed in the afternoons. Now her hands are too full with her singing to enable her to continue teaching as well.

 Mrs Veenemans's husband is a vice principal in Benoni and they have one seven-year-old daughter. The daughter shares her mother's love of singing especially when it is happy music. "My husband doesn't have the same feeling and love for music that I have", said Mrs Veenemans, "but he is very proud of my singing and always encourages me".

 Mrs Veenemans has several other interests although she does not have the time to pursue them as she'd like. Once a week she goes to yoga and she is very fond of reading. 'I'm also mad on listening to music, but especially operatic and classical', she said."

Dit was ook een van Leonore se wense om konserte in Holland, België en Engeland te gaan gee, maar dit het nooit gerealiseer nie.

 
Die Natal Mercury, Tim Aitchison, skryf in sy repliek onder die opskrif FLEDERMAUS EXHILIRATES, oor die opvoering die volgende soos gepubliseer op 13 Mei 1971:
 

"I BELIEVED, after this exhilarating production of 'Die Fledermaus', that Johan Strauss II's genius was the same kind if not quite of the same order as Mozart's; and I was reassured of my conviction that 'production' is almost all-important in opera generally and in South African opera particularly. Above all, the producer, Peter Brenner, from Germany, has made this delicious musical work into a piece of the most delightful theatrical entertainment.

 This is how an operatic tradition becomes established in a country and this 'Fledermaus' will live on because of the skilled way Mr Brenner has created theatre 'business' to fit the music - or conversely because the music so marvellously fits what is going on on the stage. Tremendously important too, is the happy fact that James Conrad had assembled a cast who contributed to the opera's success not only by singing well but by acting equally well.

 "…Leonore Veenemans, elegant and lovely as Rosalinde, sang and acted well indeed. Her production is exceptionally good and her voice, if a trifle hard at the top, rang truly and accurately in a fine evening of stylish, musical, singing and acting... This was one of NAPAC's finest opera productions, placing Natal at a highly competitive level compared to what I have seen in other provinces in this genre..."

 
 
LA BOHEME - 1971 - ( Musetta) - NAPAC


In Oktober en November 1971 vertolk Leonore die rol van Musetta in Puccini se opera La Bohéme vir NARUK. Die rol van Mimi was eers vir Leonore aangebied wat sy aanvaar het. NARUK het toe later besluit dat Nellie Du Toit die rol sou sing. Die rol van Musetta is toe vir haar aangebied. Dit het Leonore soos verstane baie ontstel, maar sy het wel later ingestem om die rol van Musetta te sing.
 
Leonore het natuurlik die rol haar eie gemaak en wie sal ooit haar weergawe van Musetta's Waltz Song vergeet terwyl sy op die tafel staan en met uitlokkende koketterigheid sing!
 
Die rolverdeling van die hoofkarakters was soos volg:
 
Mimi - Nellie du Toit / Rose Barnett
Rodolfo - Gé Korsten
Musetta - Leonore Veenemans
Marcello - Hans van Heerden
Colline - Øystein Liltved
Schaunard - Michael Bell
Alcindoro - Walter Heinen
Parpignol - David Matheson
Dirigent - James Conrad
Dekor - David Sidey
Kostuums - Lucille Cross
 
Elizabeth Clarke van die Sunday Express op 31 October 1971 skryf die volgende met die opskrif, BOHEME DESERVED ACCLAIM:
 

"It must be the first time in NAPC's history that an opera season has been completely sold out, with no imported star either. James Conrad's production of 'La Boheme' has deserved its unprecedented acclaim by the Durban public… Musetta's 'Waltz Song' is so well known that it is difficult not to compare it with many recordings. However, Leonore Veenemans gave a good account of this showy peace of music (Musetta's Waltz Song) and in all gave a lively performance…"

 
 
KISS ME KATE - 1971 -  (Lilly Vanessi) - East Rand Musical Comedy Players


In 1971 sing Leonore die rol van Lilli Vanessi in Cole Porter se Kiss me Kate vir die East Rand Musical Comedy Players, as deel van hulle een-en-twintigste bestaansjaar vieringe.
 
Sy tree op onder meer saam met Lawrence Folley in die rol van Fred Graham, Dave Lewis as Bill Calhoun, Wally van Welie as Harry Trevor, Elizabeth Davies as Lois Lane en Allan Teddor as Ralph.
 
Die regie is behartig deur Edward Hundermark en die musikale leiding is deur Donald Dent behartig. Die dekor is deur John Langley ontwerp.

 

 

Leonore en Lawrence Folley in Kiss me Kate


Leonore as Rosalinde in the Merry Widow in 1969 in Cape Town with Lawrence Folley as Eisenstein



Source: http://lawrencefolley.wixsite.com/opera/pictorial-history



_______________________________________________________________________________________

 CARMEN - 1972 -  (Micaela) - PACT

In 1972 sing Leonore die rol van Micaëla in Bizet se Carmen vir TRUK, saam met onder meer Lawrence Folley as Escamillo. Die opera is in Engels opgevoer met 10 opvoerings.
 
Die rolverdeling van die hoofkarakters was soos volg:
 
Carmen - Inca Polič / Joyce Blackham
Don José - Jean Bonhomme
Escamillo - Lawrence Folley
Micaëla - Leonore Veenemans
Zuniga - William Hill
Moralès - Ian Donald
Frasquita - Hilary Thomas
Mercédès - Ilse Lotz
Le Dancaïre - Jaco van der Merwe
Le Remendado - George Kok
Dirigent - Leo Quayle
Regisseur - Victor Melleney
Dekor - Anthony Farmer
Kostuums - Reinhard Heinrich
 
Lawrence Folley en Leonore tydens repetisies vir Carmen
 
 
 
Dit is nie seker vir watter produksie die foto geneem is nie. Die foto is onlangs in privaat argiewe ontdek.
Die foto is deur David Woodman geneem.
 
 
I PAGLIACCI - 1972 - (Nedda)

Later in Oktober 1972 sing Leonore vir NARUK die rol van Nedda in Leoncavallo se opera I Pagliacci in die Alhambra Teater. Saam met haar sing Sergei Baigildin as Pagliacci, Walter Johnson, Gwilam Evans, en Kenneth Reynolds.


Leonore Veenemans in action during the performance of Kiss me Kate!




Source: http://lawrencefolley.wixsite.com/opera/pictorial-history


MADAMA BUTTERFLY - 1972 - (Cio-Cio-San) – CAPAB

The CAPAB production by Gregorio Fiasconaro of Madama Butterfly, opened on 27 May 1972. David Tidboald conducted the Orchestra. Du Toit was double cast with Leonore Veenemans who sang four performances.

Michael Trimbel and Luigi Bianco shared the role of Pinkerton, Sarita Stern was Suzuki, George Kok sang Goro, Øystein Liltved was Bonze and Hans van Heerden was Sharpless (Programme 1972).


THE MERRY WIDOW - 1973 - (Hanna Glawari) - CAPAB

Leonore se laaste optrede was vir KRUIK in Kaapstad in die Nico Malanskouburg in die rol van die weduwee Hanna Glawari in Léhar se bekende en geliefde operette The Merry Widow vir KRUIK. Die speelvlak was in Januarie / Februarie 1973.
 
Die rolverdeling van die hoofkarakters was soos volg:
 
Hanna Glawari - Leonore Veenemans
Count Danilo - Lawrence Folley 
Valencienne - Rosemary Burton
Camille - Stephen Tudor 
Baron Mirko Zeta - Angelo Gobbato 
Dirigent - Christopher Fifield
Regisseur - Angelo Gobbato
Dekor - Roy Cooke
Kostuums - Ulrich Binedell 
 
Van die ander sangers en spelers is Malcolm Heyns, Jeff Smith, Jack Harvey, Phyllis Early, Ronald France, Liz Dick, Elliot Playfair, Zoë Randall en David Sherwood. 
____________________
 
Hier volg 'n getranskribeerde uittreksel uit 'n radio-onderhoud [radio-stasie onbekend] wat Jeanette Spies met Leonore in Kaapstad gehou het op 19 Januarie 1973, kort voor Leonore se dood.
 
Die onderhoud lui soos volg:
 
Jeanette: Maar eintlik ken ons jou as 'n vertolker van tradisionele liedjies op plate, nou maak ons kennis met jou as 'n operette-sangeres. Sing jy ook ernstiger musiek, opera miskien?
Leonore: Ja ek is bevrees, eintlik is opera my geliefkoosde vorm van sang. As ek natuurlik kon verkies sou ek net opera gesing het.
Jeanette: Spesifieke voorkeur-operas?
Leonore: Ek is natuurlik baie lief vir Madame Butterfly. Ek gaan nou volgende jaar in Natal Mimi in La Boheme sing.
Jeanette: Vir NARUK?
Leonore: Ja, ek doen ook Michaela in die Transvaal in Augustus, dis nou uit Carmen. Ek sien baie uit daarna. Hierdie jaar doen ek eintlik meer operawerk as wat ek enigiets anders doen.
Jeanette: En jy geniet dit?
Leonore: Vreeslik.
Jeanette: En ek hoef jou seker die te vra of jy graag sing nie?
Leonore: Natuurlik! Nee 'n mens moet eintlik 'n liefde daarvoor hê, anders weet ek nie hoe jy kan sing as jy nie daarvoor lief is nie.
Jeanette: Sekerlik nie. Jy het netnou van toer gepraat. Is dit nie vermoeiend en veeleisend om so te gaan toer nie?
Leonore: Ja, dit hang natuurlik af. Ons is op die oomblik besig met 'n baie moeilike toer in die Transvaal. Die program se naam is Encore. Nou eintlik is dit grepe uit musiekblyspele; ons het vier blyspele wat ons aanbied. Met die eerste een begin ons met Annie get Your Gun, die tweede een is die Vrolike Weduwee, juis ons doen dit in Afrikaans, en dan Kiss Me Kate en ons sluit af met My Fair Lady. En dis net twee sangers, nou moet jy weet ons werk ons byna dood.
Jeanette: Dis 'n vol program in 'n aand, nê?
Leonore: Ja, daar is partykeer tot so 17-keer wat 'n mens moet vinnig aantrek. Dan hardloop jy die gang af na die kleedkamer toe en dan sien jy net kledingstukke waai en dan spring jy in die volgende kostuum in, dan is jy weer terug.
Jeanette: So julle tree gekostumeerd op?
Leonore: Ja
Jeanette: Vir elke blyspel?
Leonore: Ons het sulke basiese soort dekorstelle ook op die verhoog, met beligting, dis baie interessant eintlik.
Jeanette: Interessant glo ek wel. En die toer as sodanig is seker ook interessant met hoogtepunte?
Leonore: Ja, mens het natuurlik partykeer sekere petaljes wat jou oorkom. 
Jeanette: Vertel vir ons daarvan?
Leonore: Ons was 'n rukkie gelede op die platteland daar in die Transvaal êrens. Dis nou 'n bietjie moeilik om te toer met ligte musiek soos tydens Pinkster. Die mense gaan eers biduur toe en dan kom hulle daarna konsert toe. Ons was een aand op 'n dorp gewees en die mense het almal van die kerk gekom en hier kom ons toe met Annie Get Your Gun aan. Daar is 'n plek waar hulle met 'n rewolwer agter (die verhoog) twee skote afskiet. Dan wys ek die geweer in die gehoor in, sien, en ek mik toe tydens die aand, en ongelukkig sit die dominee toe in die voorste ry en ek mik reg vir die dominee en toe ek die skote afskiet, skree hy net 'O gaats!' die hele gehoor het natuurlik uitgebars van die lag.
Jeanette: Toe skep dit 'n lekker atmosfeer. Ons het begin met Liefste Madelein, sal ons nie eindig met een van jou opera-arias nie, Leonore?
Leonore: Graag.
Jeanette: Watter een?
Leonore: Ons het nou die aand 'n konsert gehad in die Nico Malan, 'n middernagkonsert. 
Jeanette: Ja, ja en daarin het jy ...?
Leonore: Dit was 'n groot sukses gewees. Ek het Die Een Skone Dag van Madame Butterfly gesing. Die aand het hulle 'n opname gemaak. Ek sou graag dat ons dit speel ...
 
 
Leonore se Laaste Optrede


Op Donderdagaand 16 Februarie 1973, sing Leonore in die laaste opvoering van KRUIK se Vrolike Weduwee-produksie in Kaapstad. Die volgende dag op Vrydag 17 Februarie 1973 sterf Leonore, een dag na haar 38ste verjaarsdag, in 'n motorongeluk oppad terug na Pretoria.
 
In 'n koerantartikel [koerant, skrywer en datum onbekend] word die volgende uittreksel met die opskrif LEONORE SPRANKEL OP LAASTE AAND, aangehaal:
 
" ... Sprankelend, guitig en 'n opperste van 'n terggees, só het die vrolike weduwee, Hanna Glawari (gesing deur sopraan Leonore Veenemans) deur Léhar se Die Vrolike Weduwee geborrel en gebruis. Dit was Donderdagaand!'
 
'Die operette-gangers in die Nico Malanskouburg, waaronder ek ook was, het haar toegejuig - sy was wonderlik. Heerliker was 'n gesellige ete ná afloop van dié opvoering waar 'n paar van Leonore Veenemans, vergesel van Lawrence Folley, se vriende later in 'n woonstel met 'n pragtige uitsig oor die see bymekaar was. Dit was kort duskant twaalfuur - 'n paar minute voordat sy haar 38e verjaardag sou vier. 
 
Met al die 'onthou jy dit, haai het jy gehoor' ... het die tien van ons ongemerk die oorlosiewyster by twaalfuur sien verbyglip. En om 12:20 het 'n verwytende Leonore Veenemans gesê: 'Word 'n mens dan nie hier in die Kaap met jou verjaarsdag gelukgewens nie?'
 
'n Behoorlike gelukwensing het sy wel daarna van almal gekry en die herinneringe uit vervloë dae is verder opgediep. Die aantreklike Leonore, wat pas Donderdagoggend haar donker hare rooi gekleur het 'net om weer 'n bietjie anders te lyk' en ek het in 'n hoekie gaan sit - stilletjies om stories uit te ruil.
 
Dis hier waar sy haar bekommernis uitgespreek het oor die feit dat sy vanjaar, as al die dae en weke bymekaar getel word, uiteindelik net drie maande by haar man en kind sou wees. Die ander nege maande was sy besig met haar sangwerk. 'Dit vat aan jou ... 'n mens se kind het jou nodig, praat nie van jou man nie. Maar wat maak jy as jy die onbedwingbare drang het om te sing?' was haar versugting. 
 
Sy was ook van voorneme om vandeesweek vir Albie Venter, platebaas van Brigadiers, te gaan spreek oor haar plate. Die stralende dartelende Leonore het met groot genot gekyk na 'n deel van 'n tuisgemaakte rolprent wat van haar optrede van Die Vrolike Weduwee gemaak is. Eerlik en sonder aanstellerigheid het sy die vertolking bespreek. Almal teenwoordig was erg bekommerd oor Leonore se terugreis na Transvaal wat sy vroeg Saterdagoggend wou aanpak. 'Nee man, ek gaan nie langs die pad slaap as ek moeg word nie. Iemand sal my oor die kop slaan'. Met 'n laaste wuif, 'n hartlike lag en 'n vriendelike kus vir almal op die wang, is sy weg ... "
 
Albie Venter destyds besturende direkteur van EMI-Brigadiers noem in 'n onbekende artikel die volgende:
 
" ... Twaalfuur daardie nag het my telefoon gelui. Dit was een van die Sondagkoerante met die nuus dat Leonore dood is. Verslae het ek my en Leonore se wedersydse vriend, Gé Korsten, in Pretoria gebel en ewe verslae het hy na die nuus geluister ..."
 
Freek Swart skryf in die Foto-Rapport, Bylae tot Rapport op 20 Mei 1973 onder die opskrif: LEONORE SAL SÓ ONTHOU WORD:
 
'' ... Die volgende oggend het sy ingepak en Transvaal toe gery. Vir die eerste keer sedert Kersfees sou sy weer by haar man en haar oogappeltjie, 'n dogtertjie, Liezel, wees. Dit sou net 'n week lank wees voordat sy vir die nuwe operaseisoen na Bloemfontein sou gaan. 
 
Sy was haastig en het soos gewoonlik gejaag vir 'n vale. Haar broer sê sy het graag gepraat van 'low flying' wanneer sy só vinnig ry. En sy was juis van plan om haar motor vir 'n nóg vinniger sportmotor in te ruil. Naby Prince Albert Road het die motor van die pad geloop, omgeslaan en Leonore is aan skedelbreuk dood. 'n Student wat agter haar gery het, het 'n appel met 'n vars hap in die motor gekry. Sy het waarskynlik beheer oor die motor verloor omdat die appel uit haar hand uit gegly het.
 
'n Paar dae daarna het die predikant by haar begrafnisdiens uit Psalm 96 vers 1 gelees: 'Sing tot die eer van die Here 'n nuwe lied; sing voor die Here, o, ganse aarde!' Leonore is dood. Maar in haar lewe het sy gesorg dat baie mense haar vir lank met plesier sal onthou."
 

 






Leonore Veenemans and Lawrence Folley in The Merry Widow for Capab, in Cape Town 1973



Source: http://lawrencefolley.wixsite.com/opera/pictorial-history

KONSERTE
 
 
Leonore het in vele konserte regoor Suid-Afrika opgetree, onder andere saam met die tenoor Gert Potgieter, die bas Rudi Neitz, die bariton Lawrence Folley en Groep Twee. Dit was veral in die konserte saam met Gert Potgieter waar hulle deur die Suid-Afrikaanse publiek omhels is.
 
 
OPENING VAN DIE MUSAION - UNIVERSITEIT VAN PRETORIA
 
 
Leonore sing in die openingskonsert van die Musaion van die Universiteit van Pretoria saam met onder andere Philip Burger en Hugh McLeod-Robertson.
 
 
KONSERT VIR DIE AFRIKAANSE MUSIEKKLUB IN PRETORIA, MUSAION, UNIVERSITEIT VAN PRETORIA - 1967
 
 Links: Nicolai Cencherle saam in konsert
 
 
Op 30 Oktober 1967 sing Leonore saam met Nicola Cencherle vir die Afrikaanse Musiekklub in 'n konsert in die Musaion in Pretoria. Die pianis Hennie Joubert het hulle begelei.
 
Die volgende resensie gedateer 31 Oktober 1967 met die opskrif MUSICAL PLEASURE IN SONG [koerant en skrywer onbekend], het die konsert soos volg opgesom:
 
"Soprano Leonore Veenemans and tenor Nicola Cencherle, accompanied by Hennie Joubert, provided an evening of musical enjoyment at the Musaion last night. The concert was presented by the "Afrikaanse Musiekklub" of Pretoria.
 
Miss Veenemans and Mr Cencherle both have very fine voices and a pleasant quality, which they use musically and with ease, so that it is a real pleasure to hear them. Leonore Veenemans is a singer with a fine sense of style as well as sensitivity for musical phrasing. The three Liszt songs were particularly well sung and she succeeded in maintaining the mood of each.
 
"The Mandoline" by Debussy and "Love's Philosophy" by Roger Quilter - two songs of a completely different character to those she has sung before, were delightfully presented by Miss Veenemans. She succeeded admirably in distinguishing between the songs and operatic arias, both musically and in her style of presentation.The love duet by Puccini was well sung and both the artists and audience enjoyed it thoroughly…What made this concert such a pleasant experience was … the good singing of Miss Veenemans and Mr Cencherle and the accompaniment of Hennie Joubert."
 
V. Hooyberg van Die Vaderland skryf die volgende in 'n resensie op 8 November 1967:
 

"... Die Afrikaanse Musiekklub van Pretoria verdien indirek baie krediet vir 'n sanguitvoering wat warmte en onbevangenheid as kenmerke gehad het. Leonore Veenemans het in ‘Extase’ van Duparc en ‘Love's Philosophy’ van Roger Quilter 'n uitstekende begrip vir die tweeledigheid van die lied getoon. Haar balans tussen deklamasie en sang was bewys hiervoor. Nicola Cencherle se vertolking van die aria 'Questa o quella' uit Rigoletto was heerlike vokale vermaak ... Hennie Joubert se musikaliteit, tegniek en insig maak hom 'n gewilde begeleier. As pianis het hy sy plek meer as vol gestaan.''

 
 
TOP-OF-THE-OPERA-POPS - 1972
 
 
In 1972 tree Leonore op in 'n galakonsert vir NARUK se aanbieding van Top-of-the-Opera-Pops. Hulle doen konsertweergawe uittreksels uit bekende operas soos Faust van Charles Gounod, waarin Leonore die rol van Marguérite sing.
 
Ander uittreksels van operas wat hulle aangebied het was uit Verdi se operas, La Forza Del Destino, Don Carlos, Rigoletto en Bellini se opera Norma. Van die sangers wat saam met haar in die konsert gesing het was Valerie Anderson, Rose Barnett, Bets Botha, Bettie Oosthuizen, Louisa le Roux-Cronje, Sergei Baigidin, Gwilym Evans, Walter Heinen, Raimond Painter, Donald Pilley, Kenneth Reynolds en Ferdi van der Ahee. Die Dirigent was Michael Brimer wat die Durbanse Simfonie-orkes gelei het.
 
Marilynne Holloway skryf in haar resensie in die Daily News op 30 Oktober 1972 die volgende onder die opskrif THRILLING MOMENTS IN NAPAC OPERA PROGRAMME:
 

"... NAPAC gave an enthusiastic audience some thrilling moments on Saturday night with its careful selection of opera gems, competently handled by its principals in an unpretentious presentation … Kenneth Reynolds as the furiously raging Rigoletto, Leonore Veenemans as the delightfully dazzled Marguérite and Valerie Anderson as the mournful Princess Eboli stand out in their spirited attempts to live their roles… the tones of Leonore Veenemans in the trills and coloratura passages of the brilliant Jewel Song Waltz were as prettily sparkling as the jewels themselves…"


 ALL FOR YOUR DELIGHT - 1972


 
 
 'n Konsert-hoogtepunt in 1972 is die program All For Your Delight ("an Evening of Elizabethan Words and Music"), saam met Lawrence Folley, David Horner en Marilyn Stafford. Die konsertreeks is in volle kostuum, dekor en dramatisering aangebied.
 
 
 Links: Hier word Leonore deur David Horner aan Marilyn Stafford Mayer as Koninging Elisabeth I, voorgestel in "All for your Delight".
 
 
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~ 


FILMS
 
 
Leonore se eerste kennismaking met die filmbedryf was in 1969 toe sy gevra is om die temalied Keer op Keer vir die rolprent Die Geheim van Nantes te sing. 
 
In 1970 maak Leonore haar film-debuut. Dit was die eerste van twee Afrikaanse films waarin sy verskyn het. In 'n onbekende publikasie is die volgende oor Leonore se lewe as filmster geskryf:
 

"... 'Sy is ons tweede operaster wat filmspeler geword het. Dit was mos Gé Korsten wat dié presedent gestel het. Net soos Gé het Leonore nou ook die driekuns behaal - as operaster, sangeres van ligte liedjies en filmspeler. 

 

Wie, buiten die gereelde groepie operagangers sou vandag van Gé en Leonore geweet het as hulle nie ook tot die meer populêre mark toegetree het nie. 'Eintlik is ek so 'n bietjie bang', kom dit van Leonore. 'Jy weet om bekend te word en so aan. Dis eintlik 'n teenstrydigheid. Ek sing tog nie net vir myself nie. 

 

Twee jaar gelede het ek vir die eerste keer kennis gemaak met 'n beroemde Suid-Afrikaner. Dit was Gé. Toe het ek gesien hoe mense hom op straat agterna staar en ek het so by myselwers gedink dit moet darem vreeslik wees as jy nie meer iets privaat kan doen nie. Aan die anderkant is dit natuurlik heerlik om op die hande gedra te word. Ek wonder of 'n mens 'n soort kompromis kan tref?' ..." 

 
Leonore was egter aanvanklik onseker of die wêreld van 'n film aktrise wou aanvaar en het die aanbod om in Kavaliers se rolprente op te tree, met groot huiwering aangeneem. 
 
 
DIE DRIE VAN DER MERWES - 1970
 
 
Leonore se toetrede tot die silwerdoek in 1970 was as 'n nagklubsangeres teenoor die bekende Afrikaanse akteur en regisseur, Frans Marx in die Afrikaanse film Die Drie Van der Merwes. Saam met Leonore speel onder andere: Franz Marx, Maryann Johnston. Die film open 17 September 1970.
 
In 'n onderhoud uit 'n onbekende publikasie wat met Leonore gevoer is, is hierdie vraag aan haar gestel:
 

"... Hoe het dit nou gekom dat sy ook in rolprente optree? Sy antwoord: 'Weet nie eintlik nie. Kavalier-Films het my sommer eendag uit die bloute opgebel en gevra of ek hulle kan kom spreek. Doodnuuskierig is ek na Aasvoëlkop, waar Tommie Meyer wou weet of ek in films belangstel.' Altyd gereed om iets nuuts te probeer, sê sy dadelik ja. 'Eintlik het ek opera nog altyd baie geniet, juis omdat musiek met toneel gekombineer is.' Dis natuurlik die gewone storie. Hulle gee jou toe 'n filmtoets wat jy met vlieënde vaandels slaag en toe … Leonore lag: 'wa … wa … wag, nie so haastig nie. Ek het nooit 'n filmtoets gedoen nie. 'Die Drie Van der Merwes was my filmtoets. Altans dis wat hulle vir my vertel het. Daarna sou hulle besluit of ek darem in 'n film kan speel.' … Ek was blykbaar darem OK, want my volgende prent is saam met Gé Korsten ...

 'Ek het werklik baie geleer met my eerste film. Moet dit net nie neerskryf nie, maar Frans Marx, ervare akteur wat hy is, het elke keer so gedraai dat my rug na die kamera was. Later word ek toe ook slim en draai ook sodat Frans se rugkant kamera toe wys. Moet nou net nie dink ek het iets teen ou Frans nie', kom dit vinnig. 'Hy is werklik 'n wonderlike akteur'..."

 
In 'n ander onbekende publikasie word daar geskryf:
 

" ... Ons klompie joernaliste wat spesiaal vir die verfilming van 'Die Drie Van der Merwes' Durban toe is, was eers verbaas toe ons hoor watter rol sy speel. Dié van 'n los meisie, die nooi van Kaptein James van der Merwe. Leonore lag haar aansteeklike laggie: 'Wat vir my so snaaks is, is dat Maryann Johnston, wat in die werklike lewe baie modern is, 'n hipochondriese tante speel en ek met my onderwyserman wat in die kerkraad is, 'n lekker nooi. Ja, my ou man is maar taamlik konserwatief en was 'n bietjie bang oor wat die mense te sê sou hê. Dit was nie oor die rolprente as sodanig wat hy gemor het nie, net oor die rol. Maar ek het hom tog omgepraat.' 

 Hoe meer 'n mens met Leonore te doen kry, hoe sterker word die gedagte dat sy al wat 'n mansmens is, om haar pinkie kan draai. Teen haar ontwapende glimlag, haar spontane hartlikheid en haar inskiklikheid is niemand bestand nie..."

 
In die Daily News in Natal van 7 Mei 1971 noem Leonore die volgende oor haar films onder die opskrif HER VOICE IS AS LOVELY AS 
HER LOOKS:
 

"... I prefer stage work to films. On stage you have control over your performance and a live show is so much more exciting, whereas in films, you lose the continuity because the scenes are not shot in the order of their presentation, she said …"

 
 
A NEW LIFE - 1971


 Links: Leonore en Ge Korsten in A new Life
 
 
In die film, A New Life wat in 1971 verfilm is, speel Leonore teenoor die tenoor Gé Korsten. Leonore sing ook op die klankbaan van A New Life.
 
In 'n onbekende publikasie is die volgende gepubliseer:
 
"A New life (1971) van Kavalier Films is gebore uit die gebeure rondom die wêreld se eerste hartoorplanting wat in 1967 deur Dr Chris Barnard in Kaapstad gedoen is. Die draaiboek is deur die Amerikaner Walter Brough geskryf. Die verhaal bestaan uit twee parallelle lewensverhale wat aanmekaar geskakel word wanneer 'n hartoorplanting plaasvind. Aan die een kant is daar die beroemde sanger (Gé Korsten) met die wêreld aan sy voete, wat op die kruin van sy loopbaan ernstige hartprobleme opdoen. 'n Hartoorplanting deur professor Chris Barnard (Nic Badenhorst) is sy enigste hoop op oorlewing. Aan die anderkant is daar 'n Kaapstadse sakeman (Dawid van der Walt) wat deur huweliksprobleme 'n baie ongelukkige lewe ly. Hy sterf in 'n motorongeluk en word die skenker van die hart wat die sanger se lewe sou verleng. Leonore Veenemans het die rol vertolk van die sanger se geliefde en ook die sangeres Lindie Roux en die Drakensbergse Seunskoor het in die rolprent opgetree. Dirk de Villiers was die regisseur van A New life, Joe Mansfield die redigeerder, Louis de Wit was die kameraman en Irene Titford het die grimering gedoen. Hierdie rolprent is deur Ster Films vrygestel".
 
In 'n onderhoud met Leonore (onbekende publikasie) vertel sy:
 

"... Ja, dis einste die storie waar Gé 'n hartoorplanting kry. Ek is nie juis in my skik met die rol nie, want ek speel 'n oujongnooi wat van die toneel verdwyn nog voordat die storie mooi op stryk is ..."

 
In die artikel van die Natal Witness van 4 Julie 1971, onder die opskrif VERSATILE SA SINGER WILL TAKE LEAD IN 'DIE FLEDERMAUS', vertel Leonore meer oor haar films:


 
"… Besides opera, Mrs Veenemans enjoys doing light music and she has begun cutting records and making films. …A New Life. In it she played the role of an old maid school principle and she was also the school singing mistress. They used the Drakensberg Boys Choir and it was a wonderful experience. 'I really enjoyed it', said Mrs Veenemans, 'but I prefer doing live shows as you have so much more control. In films they just use a couple of shots and more than likely they'll be the most hideous! I think one of the worst experiences possible is to watch a film that you're in'. Mrs Veenemans has signed a contract to do four more films..."
 
 


  

"Koos van der Merwe disguises himself as Captain James van der Merwe to be with the daughter of a millionaire, but unbeknownst to Koos, James' twin brother is also about to arrive and confusion is bound to reach climax".

Director: Dirk de Villiers

Writers: A.P. du Plessis, Kas van den Bergh

Stars: Franz Marx, Raedawn Stevens, Maryann Johnston, Leonore Veenemans

Source: https://www.imdb.com/title/tt2034657/


http://www.mnetcorporate.co.za/ArticleDetail.aspx?Id=921 published the following:

It’s all a question of identity in this hilarious story of love and madcap confusion. A struggling actor, Koos van der Merwe, is smitten with Linden, daughter of a millionaire who whisks her off to Durban to avoid the bumbling youngster. Koos follows, disguising himself as Captain James van der Merwe, a world-renowned yachtsman. But unbeknown to Koos, the captain’s identical twin brother, Dr Piet van der Merwe, is about to meet his neurotic wife in Durban after several years apart. When the real Captain James van der Merwe makes an appearance the confusion reaches a climax. A delegation of psychiatrists believes that Van der Merwe has a split personality. Linden, the captain’s girlfriend and Piet’s wife each claim Van der Merwe as their beloved. Finally, all three Van der Merwes go on the run. Egoli creator Franz Marx shines in the title role of the three Van der Merwes.


Fotos van Leonore tydens die verfilming van die film

"A New Life"



PLATE & OPNAMES
 
 
Leonore se toetrede tot ligte musiek begin in 1969 met die vrystelling van haar eerste langspeelplate, Goud en Silwer en Verre Lande.
 
In 'n onbekende publikasie skryf Gordon Koch die volgende met die opskrif: STER VAN DIE WEEK: LEONORE VEENEMANS, 'N IDEAAL IS NOOIT VERWESENLIK oor Leonore se begin as opnamekunstenaar. Hier volg uittreksels uit die artikel:
 

"... Sonder om vooraf 'n afspraak te reël, het sy eendag by ons kantoor opgedaag - hierdie wonderlike meisie met die lagplooitjies om die mond en die helder blink oë. Leonore Veenemans... 'Kan ons asseblief met iemand in verband met plate opnames gesels - verkieslik operaplate? ...

 ... 'Ek en ons verkoopsbestuurder Roy Evans, het hulle binnegenooi, tee bestel ... en binne vyf minute het ons ... 'n vriendskap begin wat een van die mooiste, maar ook een van die seerste van my musiekloopbaan is.' So gesels mnr Albie Venter, besturende direkteur van EMI-Brigadiers, oor die dag toe hy met Leonore Veenemans kennis gemaak het.

 'Om 'n plaat met Leonore die lig te laat sien, was altyd 'n belewenis', sê mnr Venter. 'Weke vooruit het ons die nommers beplan, gestry en baklei omdat ek koppig was en nooit wou toegee tot haar begeerte om 'n operaplaat te maak nie. Later, het ek steeds beloof, sal ons so maak, sing nou eers liedjies wat vir my en die breë publiek mooi sal wees."

 
In 1964 vra Xander Haagen haar om deel te neem aan die opnames van sy musiekblyspel Haai-Polfaai en Tierlantyn. Met hierdie opnames sing sy onder haar getroude van Brewis.
 
In 'n resensie met die opskrif NUWE PLATE: SATIRIESE MUSIEKBLYSPEL VAN BEROEPSGEHALTE, word die volgende genoem:
 

"... Vir die eerste keer is 'n musiekblyspel van beroepsgehalte in Suid-Afrika geskep. Die musiek getuig van musikale intelligensie en die teks van diepe insig, nie alleen van kunstenaars nie, maar ook van die internasionale politiek. Die deelnemers is deurgaans uitstekend. Wie kan byvoorbeeld die nommer Teater is nou Smarter beter sing as die veteraan aktrise Mathilde Hanekom? Wat die sang betref is Leonore Brewis [Veenemans], Barbara Veenemans en Nicola Cencherle die sterre. Mej Brewis [Veenemans] sou 'n uitstekende Anna [Hanna] in die Vrolike Weduwee gewees het. Barbara Veenemans is 'n voortreflike soubrette en Nicola Cencherle kan in 'n goeie operasanger ontwikkel ... Die musiek van Haai-Polfaai en Tierlantyn kan beslis as grondslag van 'n musiekfilm dien."

 
In die boek MUSIEKSTERRE VAN GISTER, saamgestel deur Danie C Pretorius is die volgende oor Leonore se loopbaan as ligte musiek sangeres geskryf:
 

"Leonore Veenemans is 'n naam wat tuishoort by die grootste Afrikaanse sangers van alle tye. Sy was uiters gewild en bemind onder alle liefhebbers van Afrikaanse sang, en het haar naam verewig met haar trefferlied, Liefste Madelein, 'n vertaling van 'n Russiese volksliedjie. Haar liriese, vloeiende stem gepaardgaande met haar vonkelende uitvoerings, het haar spoedig die liefling van musiekgehore en plateversamelaars gemaak. Hoewel sy eintlik 'n sanger van ernstiger musiek was, was dit veral haar vertolking van ligte musiek waarin sy die dieper betekenis van die woorde geaksentueer het, dat sy diep in die harte van musiekgeesdriftiges gekruip het, daarom dat dit 'n ontsettende skok was toe sy op 17 Februarie 1973 op agt en dertigjarige leeftyd, op die kruin van haar musiekloopbaan, tragies in 'n motorongeluk omgekom het. Haar dood was nie net vir haar familie en vriende 'n onvervangbare verlies nie, maar ook vir die Suid-Afrikaanse musiekwêreld.

 Sy het haar private en beroepslewe die hoogste standaarde van perfeksie en moraliteit vir haar gestel, en het 'n sprankelende en opbeurende persoonlikheid gehad. Met haar onuitputlike lewensvreugde het sy almal rondom haar aangeraak en op hul gemak laat voel.

 Albie Venter, wat haar ontdek het, het besef dat Leonore op die gebied van die ligte Afrikaanse lied 'n groot leemte kon vul, en het derhalwe van die begin af sy vertroue in haar gestel. Albie, wat altyd 'n oor vir treffer materiaal gehad het, het besef dat hy met 'n rare talent te doen het, en het haar sangloopbaan van die begin af doelmatig bemark en op koers gekry. Hy het die produksie van haar eerste twee langspelers, Goud en Silwer en Verre Lande, wat albei in 1969 opgeneem is, self behartig. Op Goud en Silwer het sy gevestigde gunstelinge soos die Goud en Silwer-wals van Léhar, Kleine Nagtegaal, Groen is die heide (Grün ist die Heide), en Rollo Scott se Liefling kom wals saam met my gesing, asook 'n hele paar Engelse liedjies soos I Talk to the Trees, With a Song in my Heart, I'll Walk Alone en Ivor Novello se I Can Give You The Starlight.

 Maar dit was veral haar album Verre Lande met die Lugmag se Mannekoor, wat die Suid-Afrikaanse musiekpubliek in beroering gehad het. Haar betowerende stem het op dié onoortreflike album benewens Liefste Madelein en die titellied, Verre Lande, gekomponeer deur Nico Carstens, juweeltjies opgelewer Die Woudprinses, My Land, My Soetlief, Ek kan nie trou bly nie, Een enkel roos en Liefde regdeur die jaar.

 Die bekende radiopersoonlikheid Daniël Kirstein, wat onder die skuilnaam Chris Steyn talle Afrikaanse trefferliedjies geskryf het, het vir die lirieke van Liefste Madelein gesorg.

 Drie verdere suksesvolle langspelers is daarna vrygestel, naamlik Leonore, Bly by My en Haar Mooiste Lied.

Haar laaste opname was Stille Nag wat op 'n Kers-plaat uitgereik is. Na haar dood is talle gedenkalbums uitgereik, maar dit is haar onsterflike opname van Liefste Madelein wat sal voortleef tot in lengte van dae."


Daantjie Dinamiet skryf meer in detail oor Leonore se ligtemusiek by https://www.afrikanergeskiedenis.co.za/?p=22867






 

RADIO OPNAMES VIR DIE SAUK
 
 
Leonore het onder andere ook talle opnames vir die SAUK gedoen wat oor die radio uitgesaai is. Meeste van die opnames is saam met die SAUK simfonie orkes gedoen waar sy vele opera, operette arias en kunsliedere opgeneem het. Van die dirigente waarmee sy saamgewerk het was Anton Hartman en Edgar Cree. Die aria One fine Day uit Puccini se opera Madama Butterfly asook die Willow Song ... saam met die Ave Maria uit Verdi se opera Othello is hoogtepunte waar Leonore se ware operastem ten volle waardeer kan word.
 
Daardie beloofde opera-plaat het natuurlik nooit die lig gesien nie en dit is jammer dat die 'breë publiek' nooit die voorreg gehad het om Leonore 'die operaster' te leer ken nie.
 
Met uitsondering kan 'n mens noem dat Liefste Madelein haar grootste ligte musiek treffer was en dat sy oornag ster-status daarmee verwerf het. Tot vandag toe onthou die Suid-Afrikaanse publiek haar as ons 'Liefste Madelein'. Sy het altesaam 13 ligte musiek langspeelplate uitgegee. Vir haar bydrae tot Afrikaanse ligte musiek ontvang sy in 1969 'n Sarie-toekenning as Suid-Afrika se mees belowendste ligte musiek sangeres.
 
Hier volg 'n lys van Leonore se grootste treffers soos genoem in MUSIEKSTERRE VAN GISTER:
 
1. Liefste Madelein
2. Verre Lande
3. Die Woudprinses
4. My Soetlief
5. Liefde regdeur die jaar
6. My huweliksdag
7. My land Suid-Afrika
8. As ek weer my hart verloor
9. Een enkel roos
10. Lang Winter
11. Seeman
12. Aandblom
13. O my pappa
14. Die blonde matroos
15. Dink aan my
16. Erika
17. Melodie van liefde
18. My hart verlang na die Boland
19. Heimwee na jou
20. Kleine Nagtegaal
21. Groen is die Heide
22. Seemeeu jy vlieg na my tuiste
23. Liefling kom wals saam met my
24. Bly by my
25. Al wat bly is die rosie
26. Liefde sal nooit vergaan
27. Namakwalandse blomme
28. Liefdesdrome
29. Kom wat wil
30. Kom terug
31. Rose bring 'n groet aan jou
32. My liefdesmelodie
 
 
 






Links: Leonore Veenemans

Leonore Veenemans se sangloopbaan word in die volgende publikasies vermeld:


  1. Kaapse bibliotekaris, Volume 14 - Cape of Good Hope (South Africa). Provincial Library Service, The Library Service, 1970 - Language Arts & Disciplines Issues for Nov. 1957- include section: Accessions. Aanwinste, Sept. 1957
  2. Opera, Volume 23 - George Henry Hubert Lascelles Harewood (Earl of), Rolls House Pub. Co., 1972 – Music
  3. South Africa: official yearbook of the Republic of South Africa, Dept. of Information, 1973 - 1099 pages
  4. South Africa 1977: official yearbook of the Republic of South Africa, Volume 4 - South Africa. Dept. of Information, 1978 - 1020 pages
  5. South Africa, Volume 6, South Africa. Dept. of Information, 1979 - History
  6. Dictionary of South African biography, Volume 4, Daniel Wilhelmus Krüger, National Council for Social Research (South Africa), Human Sciences Research Council, Nasional Boekhandel Bpk. for National Council for Social Research, Dept. of Higher Education, 1981 - 803 pages
  7. Encore!: NAPAC theatre cartoons - Jock Leyden, Natal Performing Arts Council, Natal Performing Arts Council, 1986 - Music - 64 pages
  8. Women in music: an encyclopaedic bio bibliography, Volume 2 - Donald L. Hixon, Don A. Hennessee Scarecrow Press, 01 Jun 1993 - Music - 1824 pages
  9. South African Music Encyclopaedia: P-Z - J. Pierre Malan, Human Sciences Research Council, Oxford University Press, 01 Jan 1996 - 520 pages
  10. Long journey of the heart: a memoir - Hermien Dommisse - LAPA, 2001 - Music - 321 pages

Lees meer by:

  • https://www.afrikanergeskiedenis.co.za/?p=22867
  • http://www.vetseun.co.za/anarkans/bladsy/leonoreveenemans.html

 


 

 

 Updated: 2022/08/2022

 

 

 

 

 

Please note that not all media references are complete and could not be verified, as information was taken from media cuts from Leonore Veenemans's private collection. Photographs were used from private collections. Not all sources of information for photos could be verified.
 
© 2010. Copyrighted. All rights reserved. To make use of any of the contents of this page excluding the video, please contact veenemans@mweb.co.za