The Veenemans Sopranos

Janacek: JENUFA - 1979
 
 
 Barbara as Karolka



Barbara sing weereens die rol van Karolka in Janacek se opera Jenufa wat deur TRUK heraangebied word in die Aula van Pretoria. Sy sing onder meer saam met Lorna Haywood in die titelrol, Gé Korsten as Laca, George Kok, Rouel Beukes, Stella Beder, Evelyn Dalberg as Kostelnicka en Ravonne Swart. Die regie is deur Michael Renison behartig, die tradisionele kostuums deur Neels Hansen en die dirigent was Leo Quayle. Die dekor is deur Anthony Farmer ontwerp.

 André Ras [koerant en datum onbekend] skryf in 'n resensie met die opskrif: JENUFA IN DIE AULA: 'N AANSKOULIKE OPERA

 "Naas Benjamin Britten se Peter Grimes, is Jenufa van Janacek (wat nou deur TRUK-opera in die Aula in Pretoria opgevoer word) een van die aanskoulikste operas wat ons nog in die land gesien het. Daar is nie net 'n fyn balans tussen toneelspel, psigologiese reaksie en dekor nie, maar ook 'n musikaliteit wat moeilik oortref kan word. ... 'n Sprankelende Karolka, Barbara Veenemans, steel onmiddellik die aandag ... sy pas goed in die soort rol ... "