The Veenemans Sopranos

 

 DON GIOVANNI - 1977


Die jaar 1977 is 'n besige jaar vir Barbara en weer vertolk sy die rol van Zerlina in Mozart se opera Don Giovanni. Die produksie open op 29 April en speel tot 6 Mei 1977 in die Aula in Pretoria en verskuif vanaf 14 tot 27 Mei 1977 na die Johannesburgse Stadskouburg. 

 
Die keer is die rolverdeling soos volg:
 
Don Giovanni - Lawrence Folley
Leporello - Harry Blackburn
Donna Anna - Joyce Barker
Donna Elvira - Rikie Venter
Zerlina - Barbara Veenemans
Don Ottavio - Anthony Roden
Masetto - Rudi Neitz
Commendatore - David Gwynne
Regie - Anthony Besch
Ontwerpe - John Stefanellis
Dirigent - Leo Quayle
 
 
John Roos skryf in sy resensie onder die opskrif GIOVANNI IS 'N PUIK PRODUKSIE [koerant en datum onbekend], die volgende:
 

"… Die regisseur Anthony Besch het ook sy bydrae tot die ongebreidelde ontvouing van die drama gelewer. Hy het goed verstaan hoe om die moeilike mengsel van seria en buffa met smaak te balanseer. Hy het gesorg dat komedie onderworpe bly aan die doeleindes van die drama en het nie toegelaat dat komedie die tragiek verwring nie … Barbara Veenemans was 'n sprankelende Zerlina wat duidelik verstaan het hoeveel naïwiteit om voor te hou … "



  
 
 
Links: Barbara Veenemans en Lawrence Folley in Truk se Don Giovanni, 1977.
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 Philip Miller skryf sy resensie onder die opskrif MOZART AT ITS BEST: [Koerant en datum onbekend]
 

"PACT has a penchant for doing Mozart exceedingly well. And with Leo Quayle to mastermind it all, Don Giovanni on Saturday night was as smooth and exhilarating a piece of ensemble-work as one is ever likely to find in South Africa … Barbara Veenemans has improved vastly in the role of Zerlina, having made, this role and that of Susanna in 'Figaro' very much her private bailiwick. She is pert and light and thoroughly engaging …"


 In die volgende resensie met die opskrif MEER SOU 'N MENS NIE KON VERWAG NIE [koerant, skrywer en datum onbekend], word die volgende geskryf:
 
"Neem agt hoofsangers, 'n orkes en 'n dirigent, 'n regisseur. Voeg voor elkeen van die woorde 'puik' en siedaar - 'n Don Giovanni wat die opera liefhebber behoorlik laat watertand ... Twee weke gelede het hierdie produksie in Pretoria imposant geopen. 'n Mens het dus Saterdagaand met hoë verwagtinge na die aanvang van die Johannesburgse speelvlak uitgesien. Glo dit as u wil: hierdie verwagtinge is selfs oortref ... Rudi Neitz en Barbara Veenemans as Masetto en Zerlina sing en speel met 'n heerlike jeugdigheid. Albei illustreer die aard van hulle rolle met oortuiging ..."
 

Joe Sack skryf in die Rand Daily Mail op 16 Mei 1977 onder die opskrif THIS COULD BE SALZBURG:


"I'll gladly go on record as saying that this production of Mozart's 'Don Giovanni' would not shame Salzburg or Glyndebourne. In taste, subtlety, and wit, PACT has set a new standard … Meeting the challenge, PACT's soloists are beautifully in tune with each other - in more senses than one. And they are so smoothly directed by Anthony Besch, so sensitively supported by Leo Quayle conducting the PACT Orchestra that the result is altogether an enchanting one … And again to the fore with a subordinate role built up into major status by sheer intelligence and vocal craft is Barbara Veenemans as Zerlina … "

 
David Oberholzer van The Pretoria News [opskrif en datum onbekend], skryf onder meer:
 

"... Barbara Veenemans (Zerlina) and Rudi Neitz (Masetto) were altogether charming and well cast as a combination …"

 
A. van Alk [koerant en datum onbekend] skryf onder die opskrif DON GIOVANNI 'N STRALENDE FEES VIR OOG EN OOR:
 

"… Ook Zerlina en Masetto verteenwoordig die ligtere aspek. Met gees en sjarme het Barbara Veenemans die dierbare boeremeisie daargestel …"

 Thys Odendaal [koerant en datum onbekend] skryf onder die opskrif DIS MOZART OP SY BESTE:
 

"... Barbara Veenemans het knap gevaar as die soms bakvissie-agtige Zerlina. Haar duettino met Folley, La ci darem la mano, was pragtig en so het sy volgehou deur haar arias tot met die slot-sekstet …"

 
Jozua van der Lught [koerant en datum onbekend] skryf onder die opskrif TRUK SE DON VONKEL MET FOLLEY:
 

"... Wat sê 'n mens nou oor die Zerlina van Barbara Veenemans? Ag, dis mos haar soort rol dié, en sy is mos 'n staatmaker. Haar stem? Dié het ek nog altyd baie van gehou ..."

 
Wouter de Wet [koerant en datum onbekend] skryf in sy resensie met opskrif SANGERS HELP BAIE; QUAYLE WERK MET LIEFDE EN INSIG, die volgende:

"…Rudi Neitz en Barbara Veenemans was weer 'n sjarmante boere-paartjie …"