Léhar: The Czarevitch - 1988 & 1990



Links: Barbara en George Kok, die twee grapjasse in The Czarevitch vir TRUK. Hulle "Russiese" danse was legendaries en die swaai-toneel onvergeetlik. Die gehoor het elke aand gewag dat hulle hul verskyning op die verhoog moet maak!
In 1988 vertolk
Barbara die komiese rol van Mascha in Léhar se operette, The Czarevitch, wat deur
TRUK in die Staatsteater in Pretoria in Engels opgevoer is.
Die rolverdeling was
soos volg:
Barry Coleman - The
Czarevitch
Andrea Catzel - Sonia
Barbara Veenemans - Mascha
George Kok - Ivan
Louis van Niekerk - The Grand Duke
Peter Bouwer - Prime Minister
Die regie is behartig deur Garth Annetts en die Duitse dirigent Konstantin Schenk het die Nasionale Orkes gedirigeer. Volgens rekord was dit die eerste keer wat TRUK weer 'n operette opgevoer het sedert The Merry Widow en Die Fledermaus in die 70er jare. Die produksie in die Staatsteater in Pretoria het vanaf 16 Junie tot 2 Julie geloop.
Riek van Rensburg van The Pretoria News op 17 Junie 1988 skryf in haar resensie onder die opskrif, DELIGHTFUL UNFORCED 'CZAREVITCH' PLEASES:
"… Barbara Veenemans's brash good humour made her a delectable comédienne in the role of Mascha. She simpered ever so sweetly and even mustered some nifty high notes in her duets. She is a soubrette with a giggle in the voice …"Michael Traub skryf in
sy resensie met die opskrif, SHADES OF ROMBERG, die volgende:
"... The plot of
The Czarevitch has a large number of expansive humorous episodes, which provide
delightful comic material for the talents of George Kok as Ivan (a sort of
major-domo) and Barbara Veenemans as Mascha his wife. Their comic repartee and
infectious high spirits are a perfect foil for the more serious side of love as
expressed between the hero and heroine … "
Thys Odendaal van Die
Beeld skryf op 21 Junie onder die opskrif, 'N MUSIKALE ROOMKOEK, die volgende:
"... George Kok
en Barbara Veenemans baljaar in hulle lawwe rolle en verspotte kostuums met 'n
oorgawe wat die openingsaandgehoor duidelik baie amusant gevind het ..."
THE CZAREVITCH - 1990
Vanaf 19 - 29 Augustus
1990 herhaal TRUK sy produksie van Léhar se operette, The Czarevitch, in die
Staatsteater in Pretoria en weer sing Barbara die rol van Mascha. Die rolverdeling was
soos volg:
Thomas Booth - The Czarevitch
Gerhard le Roux - The Czarevitch
Eugenie Chopin - Sonia
Barbara Veenemans - Mascha
George Kok - Ivan
Theunis van Rooyen - Grand Duke
Kenneth Baker - Prime MinisterFrancois Swart het die regie behartig en die Duitse dirigent Frank Cramer het die produksie musikaal gelei. Die dekor is deur Dicky Longhurst gedoen en Linday Grindlay het die kostuums ontwerp.

Left: The 1988, production of The Czarevitch can be viewed here!
The 1988-cast as depicted by artist Joe Robinson
