The Veenemans Sopranos

 

Opening van die Staatsteater in Pretoria - 1981


 
Op 23 Mei 1981 is die Staatsteater in Pretoria amptelik ingewy. En wat 'n mylpaal was dit vir die Suid-Afrikaanse uitvoerende kunste! Barbara is ook gevra om op te tree. 'n Uittreksel uit die tweede bedryf van Johan Strauss se operette Die Fledermaus is opgevoer.
 
Barbara sing weereens die rol van Adéle. Sy sing onder meer saam met George Kok as Von Eisenstein, Antoinette Krige as Rosalinde, Werner Nel as Dr Falke, Susan Braadvedt as Orlofski, Ian Donald as Frank en Elize Botha as Ida. Die hele inwyding is beplan deur Anthony Farmer en Neels Hansen het die uittreksel uit die operette geregisseer. Leo Quayle het weereens die musikale leiding geneem. Hierdie uittreksel is in Afrikaans opgevoer wat destyds deur Fred Steyn vir die 1975-Feesvieringe van die honderdste bestaansjaar van Afrikaans vertaal is.
 

 The Ambassador op Facebook het die volgende oor Barbara geskryf:

deur Billy Ernst

"Dit is 21 Mei 1981 in die hartjie van Pretoria en die opening van 'n nuwe teater. Die struktuur, ontwerp deur Hans en Roelf Botha, is sag belig en uitgerus in weelderige matte en hoë glas vensters: Asemrowend! Pels, perels, pakke, sjampanje in Kristal, Die Fledermaus op die planke, Barbara Veenemans se sopraanstem wat die teater vul - 'n aand om te onthou!"

 

Barbara Veenemans as Adele in Die Fledermaus tydens die opening van die Staatsteater, 1981

 

Barbara Veenemans in aksie tydens die opening van die Staatsteater, 1981

 


The cast of the Fledermaus on opening night of the State Theatre.
Front: Elise Botha, Werner Nel, Ian McDonald, Barbara Veenemans and Antoinette Krige-Franken.
Back: Rouel Beukes, George Kok.