The Veenemans Sopranos

 

Puccini: GIANNI SCHICCHI - 1970

 
 
In April 1970 sing Barbara die rol van Nella in Puccini se opera Gianni Schicchi onder meer saam met haar suster Leonore as Lauretta. Die produksie is in Afrikaans opgevoer en die Afrikaanse vertaling is deur Gideon Roos gedoen. Daar was altesaam 10 opvoerings.
 
Die twee Puccini-eenbedrywe wat TRUK aangebied het was Il Tabarro en Gianni Schicchi en is in die Johannesburgse Stadskouburg opgevoer.
 
Die rolverdeling van die hoofkarakters was soos volg: 
Gianni Schicchi - Dawie Couzyn;
Lauretta - Leonore Veenemans;
Zita - Stella Beder;
Rinuccio - John Zaverdino
Gherardo - George Kok;
Nella - Barbara Veenemans;
Betto di Signa - Ken Anderson;
Simone - Øystein Liltved;
Marco - Xander Haagen;
La Ciesca - Marita Knobel;
Spinelloccio - Bruce Anderson;
Amantio di Nicolaio - Ian Donald;
Pinnellino Harold Kok;
Guccio - Sameul Kock;
Dirigent - Leo Quayle;
Regisseur - Victor Melleney;
Ontwerpe - Graham Brown

Bo:Barbara aan die oefen tydens repetisies
vir Gianni Schicchi vir TRUK, 1970
 
 
Phillipa Breytenbach skryf in haar resensie in Die Transvaler van 1 April 1970 onder die opskrif, NA TOSCA IS EENAKTERS 'N OASE
 

"... Die jong Suid-Afrikaanse sopraan Leonore Veenemans het stukke verbeter nadat ons haar laas in Madama Butterfly gesien het. Haar manier om te 'scoop' van een register na 'n ander register het heelwat verbeter. Met 'n goeie sangmeester sal sy die probleem maklik oorbrug. Haar weergawe van O my Geliefde Vader het groot byval gevind ..." Tog was dit Marita Knobel, Stella Beder en Barbara Veenemans wat die oog gevang het. Die sang van die drie het my veral beïndruk. Hier het ons goeie materiaal in drie sangeresse wat veel werd vir die opera hier kan wees. Die kwartet tussen Dawie Couzyn, Leonore Veenemans, Stella Beder en John Zaverdino was 'n hoogtepunt in die aanbieding ... "

 
The Sunday Times se resensent [skrywer onbekend] skryf op 5 April 1970 onder die opskrif PUCCINI ONE-ACTERS die volgende:
 

" … Dawie Couzyn is splendid as the arch-rascal Gianni, Leonore Veenemans is outstanding as his daughter Lauretta; John Zaverdino looks well as Lauretta's young sweetheart. A most satisfactory evening, and one to be recommended."

 
Joe Sack van die Rand Daily Mail skryf in sy resensie onder die opskrif ALL ENTERTAINMENT IN PACT OPERAS [datum onbekend], die volgende:
 

"... Tongue-in-cheek, Puccini even laughs at himself, when he gets Gianni Schicchi's daughter Lauretta, to persuade her father to change the will. Instead of a new aria, she suddenly sings one from 'La Boheme'. Leonore Veenemans sang it very well, too, with the seriousness and artistry that all good farce should exhibit …"

 
Hennie Joubert die resensent van Die Hoofstad skryf in sy resensie onder die opskrif: GIANNI SCHICCHI HET DIE PUBLIEK GAANDE [datum onbekend]:
 

"... Van die twee eenbedrywe is dit natuurlik Gianni Schicchi wat met sy skitterende sprankeling en gevathede die publiek gaande het. In Johannesburg was dit nie net te danke aan Puccini se musikale ingewings of die teks nie (hoewel Gideon Roos se keurige vertaling in Afrikaans die staccato-pret uitstekend onderskraag het!), maar in besonder aan die gelukkige spontaneïteit van die optrede van die spelers ... Leonore Veenemans is 'n aria vir die oog! Dit was net so aangenaam om na haar te kyk as om na haar te luister in My Geliefde Vader ... Hierdie is een van TRUK se mees genotvolste aanbiedings in 'n lang tyd ... "