The Veenemans Sopranos

 

Mozart: Die Huwelik van Figaro - 1973
 
 
 
 
In Augustus 1973 behaal Barbara 'n triomf in die rol van Susanna in Mozart se opera Die Huwelik van Figaro. TRUK het die opera in die Johannesburgse Stadskouburg opgevoer wat op 11 Augustus geopen het. Daar was 9 opvoerings van hierdie produksie. Die produksie is in Afrikaans opgevoer en die Afrikaanse vertaling is deur Dr Anton Hartman en Aart de Villiers gedoen.
 
Die rolverdeling van die hoofkarakters was soos volg:
 
Figaro - Dawie Couzyn
Susanna - Barbara Veenemans
Graaf Almaviva - Lawrence Folley
Gravin Almaviva - Nellie du Toit
Cherobino - Ilse Lotz
Marcellina - Stella Beder
Dr Bartolo - Øystein Liltved
Basilio - George Kok
Barbarina - Hannetjie van Zuydam
Don Curzio - George Kok
Antonio - Rudi Neitz
Dirigent - Leo Quayle
Regisseur - Peter Ebert
Ontwerpe - Richard Cook en Neels Hansen
 
In 'n koerantartikel skryf Percy Banshik oor die internasionaal bekende regisseur Peter Ebert tydens 'n onderhoud wat hy met hom gevoer het op 20 Julie 1973 onder die opskrif THE DEBONAIR MR EBERT RETURNS [koerant onbekend]:
 

" … Of his Afrikaans 'Figaro', he says it flows well in the language, and he thinks Barbara Veenemans will create a stir as Susanna … "

Barbara was die enigste sanger in die produksie van wie Mnr Ebert melding tydens die onderhoud gemaak het!
En het Barbara 'n stir veroorsaak! Die resensente was gaande!!
 
Jozua van der Lught van Die Rapport [datum onbekend] skryf onder die opskrif TRUK-FIGARO DIE VOLMAAKTHEID SELF [en dit alles in een resensie!]
 

" … Geen delwer kan meer gejubel het oor 'n nuwe aar wat hy ontdek het as wat ek kan juig oor Barbara Veenemans nie. Jonk, spontaan, natuurlik, vol pret en liefde vir haar Figaro. Glad nie 'n klein flerrie soos Susanna maklik kan word nie - die nare ou graaf het haar duidelik baie teen die bors gestuit met sy vatterigheid en haar toegeneentheid teenoor haar meesteres was duidelik. Haar verskyning uit die Gravin se kamer in die tweede bedryf was die heerlike oomblik wat die skrywers bedoel het en daardie uitdrukking in die oë! Dit is 'n gesig vir 'n volk om lief te kry. Maar sowaar haar uitkom is oortref deur haar ingaan in die kamer. Die ongesproke olé was meesterlik! En kan die meisie sing! Dis 'n baie, baie mooi stem wat baie, baie mooi gebruik word. Die stukke in die tuin waar sy die luistervink-Figaro terg met haar afwagting op haar minnaar kan as voorbeeld dien. Die resitatief was 'n tikkie oordrewe dramatiek - ter wille van die luistervink - en toe het sy daardie pragtige instrument, haar stem, in al sy skoonheid laat ontplooi om met suiwer toon en frasering die musiek, wat vir my die mooiste Mozart is, tot sy volle skoonheid te ontbloot. En toe die orkes die ligte naspel speel, net die knik van die kop en pruil van die mondjie en die komiese situasie is herstel. Veenemans is die opera-vonds van die jaar en baie jare … "

 
Christo Grobelaar skryf in sy resensie op 23 Julie 1973 onder die opskrif: TRUK SE FIGARO 'N TRIOMF [koerant onbekend]:
 

" ... Ek sou eerstens melding maak van Barbara Veenemans wat in die rol van Susanna deur haar koketterige en soms skreeusnaakse spel, as 'n katalise gedien het om die ander spelers in 'n eenheid saam te voeg. Sy sing helder en haar uitstekende diksie het van haar rol 'n lus gemaak ... "

 
Phillipa Breytenbach van Die Transvaler skryf op 13 Augustus 1973 onder die opskrif HEERLIKE OPERA, PUIK SANGERS:
 

"Dis nou lekker opera dié. In Afrikaans nogal! En as die vertaling soms te verspot is, kan die skuld seker nie aan die vertalers Anton Hartman en Aart de Villiers gelê word nie, maar eerder aan die teksskrywer Lorenzo da Ponte. Dis die tweede keer in 10 jaar wat ons die opera in Afrikaans hoor, en dié keer honderdmaal beter as die eerste keer. Bravo! Musikaal gesproke is daar weinig om oor te redekawel in die produksie. Die hoofsangers, almal Suid-Afrikaners, kan in dié produksie enige dag kersvashou vir hulle eweknieë in Europa … In die rol van Susanna, was Barbara Veenemans sprankelend en het sy nog nooit beter gesing nie…"



'n Resensent met die opskrif, FIGARO CAST IN FINE VOICE, skryf die volgende [koerant en datum onbekend]:
 
"PACT can congratulate themselves on yet another achievement in its successful presentation of 'The Marriage of Figaro'. The capacity first-night audience on Friday loved it. A 20-minute power failure in the first half seemed, if anything, to increase their humour, jollied along by conductor Leo Quayle chatting amiably with the front rows over the edge of the orchestra pit … Dawie Couzyn and Barbara Veenemans were a well-matched, humorous pair as Figaro, a roguish fellow full of wit and resource and his betrothed Susanna, alternating between shrewdness and fun …"
 



Links: Barbara Veenemans en Lawrence Folley in Figaro


Brian Divine skryf in sy resensie met die opskrif A VERY HAPPY FIGARO [koerant en datum onbekend]:

 

" … Barbara Veenemans, as Susanna really played up to her part as was stylised exactly as Mr Ebert had planned her. Susanna's role is a very difficult one in that her changes of mood have to be so carefully modulated to avoid a pantomime effect especially set against the countess (for once not a dowdy frump) and the more exaggerated roles of Bartolo and the drunken gardener …"

 
Joe Sack skryf in die Rand Daily Mail op 13 Augustus 1973 sy resensie onder die opskrif: FIGARO FULL OF FUN AND VERVE
 

"Even an electric power blackout, which kept the Civic in silence and darkness for some time in the first act of 'Figaro', could not quench the high spirits or dull the sparkle of this funny opera production on Friday night … A pleasant surprise in the handsomely decorated and costumed production was the way Barbara Veenemans, as Susanna, sang a role with very few respites and much that is technically difficult. Her voice is not big, but it is sweet-toned, even in texture, and beautifully projected. Her arias were all backed by musical intelligence, and her characterisation flowed from the music into her acting and back again … "

 
Hennie Joubert van Die Hoofstad skryf in sy resensie onder die opskrif: NUWE KRUIN VIR TRUK MET TWEE PRAGTIGE OPERAS [datum onbekend]:
 

"Dit is veral met Die Huwelik van Figaro dat 'n spogvertoonvenster daargestel word en waarin dit die kunstenaars uit eie bodem is wat sorg vir die glanspunte en die deurgaanse hoofsprankeling, en vir die bewonderenswaardige musikale integriteit en vermoë ... Nellie du Toit bly natuurlik die besliste stemmeesteres van die groep, en as sentrale pragpunt kan haar volmaakte Dove Sono dien, maar eweneens is dit geëwenaar deur Barbara Veenemans se verrassende spontane spel en by tye werklike pragtige sang. Stemsmelting en -aanvulling tussen die Gravin en Susanna was hoogs gelukkig ... "

 
Johan Liebenberg van Die Vaderland op 13 Augustus 1973 skryf onder die opskrif ENSEMBLE-SANG VERRUK IN TRUK SE VOORTREFLIKE OPVOERING VAN FIGARO
 

"… Barbara Veenemans het reeds verlede jaar aandag getrek in Don Giovanni en kom heeltemal tot haar reg in die belangrike rol van Susanna. Sy het 'n uitstekende komiese aanslag, sing pragtig en is 'n waardevolle bate vir ons opera. Die ensemble-sang tussen Nellie du Toit en Barbara Veenemans is van die mooiste oomblikke wat die aand oplewer".

 
Een resensent skryf: [Koerant, skrywer en datum onbekend]
 

"… The action devolved upon just two characters, Lawrence Folley as Count Almaviva and Barbara Veenemans as Susanna … Barbara Veenemans's chief asset was a cheeky, vivacious interpretation of a vital linking part that of the servant girl betrothed to Figaro, lusted after by Count Almaviva and a confidante and fellow conspirator of the Countess and of every other character. At times, she bubbled a bit too much, but she provided the life in the opera. Her voice was pleasant and sufficient for the part - her little duet with Marcellina in act I, the quartet in act II and the aria in act IV (rather carefully done this one) were all of a high standard …"

 
In 1974 word Barbara benoem vir die Nederburg-prys vir Opera vir haar rol as Susanna. In 'n koerantartikel [koerant, skrywer en datum onbekend] word die volgende onder die opskrif VYF BENOEM VIR VANJAAR SE OPERAPRYS, genoem:
 

"Vyf persone is benoem vir vanjaar se Nederburg-prys vir Opera in Transvaal. Hulle is die sangeresse Nellie du Toit, Barbara Veenemans, die dirigente prof Leo Quayle en dr Anton Hartman, asook mnr Aart de Villiers … Barbara Veenemans is uitgesonder weens haar sprankelende en humoristiese vertolking van Susanna, weereens in die Mozart-werk, weens haar 'verrassend spontane spel' en goed geprojekteerde stem".

 
Al vyf die benoemdes was deel van die produksie van die Huwelik van Figaro. Professor Leo Quayle het in hierdie jaar die Nederburg-prys vir Opera verower vir sy musikale leiding.  


 

 


Photo above: Barbara Veenemans as Susanna and George Kok as Basilio in the Marriage of Figaro for Pact Opera in 1973.